Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n 2 liter-oondbak met kleefwerende kossproei.Grondboontjiebotter-brood-en-botter-poeding
Ingredients
Instructions
1 Smeer 5 snye brood aan die een kant dik met grondboontjiebotter en die ander 5 snye aan die een kant dik met marmelade. Plak ’n sny met marmelade bo-op ’n ander een met grondboontjiebotter sodat jy altesame vyf toebroodjies het.
2 Smeer elke toebroodjie aan albei kante met botter, sny in drie vingers en daarna middeldeur sodat jy 6 reghoekige blokkies het.
3 Pak die blokkies met die kante effens oorvleuelend in die oondvaste bak.
4 Meng die melk, room, suiker, vanielje en eiers en gooi oor die snye brood. Laat staan vir 10 min. Sprinkel die suiker oor en bak vir 35-40 min. of tot die vla dik en goudbruin is.