1 Meng 20 ml (4 t) grondboontjiebotter, 15 ml (1 e) blatjang, 5 ml (1 t) heuning, 10 ml (2 t) sojasous, 60 ml (4 e) klappermelk, sap van ½ lemmetjie, 1 gekapte knoffelhuisie, 1 cm gerasperde gemmer en ½ gekapte rooirissie. Hou eenkant.Grondboontjie-en-vark-roerbraai
Instructions
2 Verhit 30 ml (2 e) avokado-olie oor hoë hitte in ’n wok of groot braaipan.
3 Roer die helfte van die sous deur 500 g varkfilet, in repies gesny.
4 Braai 2 sarsies vir 3 min. elk tot goudbruin en gaar.
5 Gooi ’n pak klaargesnyde roerbraaigroente by, braai vir nog 3-4 min.
6 Verlaag die hitte en gooi die res van die sous by. Meng tot deurwarm.
7 Sit voor met gaar noedels en vars koljander.