Genoeg vir 6
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Krakerige saadklontjies
• 60 ml (¼ k) klapperolie, gesmelt
• 45 ml (3 e) heuning
• 2,5 ml (½ t) kaneel
• ½ rooi brandrissie, fyn gekap
• 125 ml (½ k) pampoensaad
• 125 ml (½ k) klappervlokkies
• 125 ml (½ k) gevlokte amandels
• 125 ml (½ k) pekanneute
• 80 ml (⅓ k) sesamsaad
• 80 ml (⅓ k) sonneblomsaad
• sout en swartpeper
1 Verhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
2 Meng die klapperolie, heuning, kaneel, brandrissie, pampoensaad, klappervlokkies, amandels, pekanneute, sesamsaad en sonneblomsaad in ’n groot mengbak. Geur met sout.
3 Gooi die mengsel op die voorbereide bakplaat. Bak vir 15-20 min. of tot goudbruin en geurig. Laat heeltemal afkoel.
4 Breek in klontjies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
• Verwerk ’n geskilde, gaar beet in ’n voedselverwerker (of met ’n handmenger) tot ’n gladde puree. Voeg 60 ml (¼ k) granaatsap, 2 cm gemmer, geskil en gerasper, 60 ml (¼ k) olyfolie en 50 g granaatpitte by en geur met sout. Meng goed.
Slaai
• ½ kop radicchioblare, geskeur
• 250 g botterskorsie, met ’n groenteskiller in dun repies gesny
• 4 bete, papierdun gesny
• 4 goue bete, papierdun gesny
• 2 wortels, geskil en met ’n groenteskiller of mandoliensnyer in dun repies gesny
• 1 klein komkommer, met ’n groenteskiller of mandoliensnyer in dun repies gesny
• 100 g fetakaas
1 Pak die radicchioblare op ’n groot opdienbord. Sit die botterskorsie, beet, goue beet, wortels en komkommer in hopies tussen die blare.
2 Strooi die fetakaas en saadklontjies oor.
3 Sit met die beet-en-granaat-slaai-sous voor.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.