Instructions
Maak 2 dun pizzas
Verhit jou oond tot 180 °C. Druk die gestoomde blomkool fyn tot dit soos rys lyk (gebruik die agterkant van ’n vurk of ’n voedselverwerker).
Meng die blomkool met die eiers, amandels en klapperolie en geur met sout en peper. Voeg brandrissievlokkies by, indien verkies.
Neem twee bakplate en verdeel die korsmengsel tussen die twee. Vorm ’n sirkel op elke plaat en bak vir 10 minute (as dit dikker is, sal jy meer tyd nodig hê). Jy sal jy weet dit is gereed wanneer die kante effens begin verbruin. As jy dit uit die oond haal, moenie bekommer as dit nog loperig is nie, dit sal verder gaar word as die bo-laag bak.
Bou nou jou pizza
Begin met die tamatie-putee. Plaas die basiliekruid-stukkies, zucchini, broccoli, olywe, kersietamaties, brandrissie bo-op. Sprinkel die fettabrokke bo-oor (dit sal smelt) en geur met goeie gehalte sout (Ek hou van Himalaja of Murray Rivier pienk soute) en varsgemaalde swart peper. Plaas terug in die oond en bak ’n verdere 5-10 minute. As dit gereed is, strooi ’n groot handvol rou babaspinasie bo-op (dit verlep van die hitte). Drup ekstra suiwer olyfolie oor en sprinkel rou sonneblom en pepitas en vars sonneblom spruite oor.