Groente-kragsop
Serves: Genoeg vir 8
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Ons het ’n hand vol van die groente met ’n bietjie olyfolie en sout gegeur en vinnig in die oond gerooster. Strooi dit oor die sop vir ’n bietjie kleur, want die rooi van die beet laat die res van die groente ook verkleur.
- • 30 ml (2 e) olyfolie
- • 1 ui, fyngekap
- • 4 knoffelhuisies, fyngekap
- • 10 cm-stukkie gemmer, fyngerasper
- • 5 cm-stukkie vars borrie, fyngerasper
- • 1 kaneelstokkie
- • 15 ml (1 e) garam masala of kerriepoeier
- • 250 g beet, geskil en in kwarte gesny
- • 250 g worteltjies, geskil
- • 500 g botterskorsie, in blokkies gesny
- • 3 klein patats, geskil en in blokkies gesny
- • 2 lourierblare
- • 4 takkies tiemie
- • 2 liter (8 k) groenteaftreksel
- • 125 ml volroomjogurt en granaatpitte (vir garnering)
Instructions
1 Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die ui, knoffel, gemmer en borrie vir 5 min. daarin, of tot sag.
2 Voeg die kaneel, garam masala, beet, wortels, botterskorsie, soetpatat, lourierblare, tiemie en aftreksel by. Geur met sout. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut vir 25 - 30 min. of tot die groente sag is.
3 Sit voor met jogurt en granaatpitte en ekstra geroosterde groente soos vooraf beskryf.
Lees ook: Marokkaanse lamkragsop
Lees ook: Beenmurg-en-vleis-kragsop
Michelle Nortje