Groente-en-kruie-strope uit die tuin
Deur Vickie de Beer. Foto’s deur Charles Russel en Lee Schwagele crphotographic.co.za
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Roosmaryn-en-beet-stroop
Genoeg vir 500 ml stroop
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
- 1 k (230 g) suiker (of xylitol as jy ’n suikervrye opsie verkies)
- 1½ k (375 ml) water
- 200 g beet, geskil en in 1 cm-blokkies gesny
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 3 takkies roosmaryn, blaartjies afgestroop
- ’n hand vol vars tiemietakkies
- ¼ k (60 ml) suurlemoensap
- Verhit die suiker, water, beet, suurlemoenskil (hou die sap), roosmaryn en tiemie in ’n middelslagkastrol oor matige hitte.
- Bring die mengsel tot kookpunt en kook vir 12-15 min. of tot die stroop begin verdik en die beet sag is. Trek van die hitte af en laat afkoel.
- Gooi die stroop deur ’n sif en meng die suurlemoensap deur. Hou die stroop in die yskas in ’n glasbottel wat dig seël.
- Meng 2 e (30 ml) van die stroop en 1 k (250 ml) sodawater vir ’n verfrissende drankie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Stroop met gemmer, sitroengras, komkommer en kruisement
Genoeg vir 500 ml
- 1 k (230 g) suiker
- 1½ k (375 ml) water
- 1 middelslagkomkommer (sowat 1 k), ruweg gekap
- 2 cm vars gemmer, geskil en ruweg gekap
- 1 takkie sitroengras, ruweg gekap
- gerasperde skil van een suurlemoen
- 2 hande vol kruisementblare, vinnig in borrelende kookwater gedompel, gou gedreineer en in yswater afgekoel
- Verhit die suiker, water, komkommer, gemmer, sitroengras en suurlemoenskil in ’n middelslagkastrol oor matige hitte.
- Bring die mengsel tot kookpunt en kook vir 12-15 min. of tot die stroop begin verdik. Haal van die hitte af en laat afkoel.
- Gooi die koue stroop en kruisement in ’n voedselverwerker en maak fyn.
- Gooi die stroop deur ’n sif en hou in die yskas in ’n glasbottel wat dig seël.
- Meng 2 e (30 ml) van die stroop met ’n mengeldrankie (1 k / 250 ml) van jou keuse.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Onlangse plasings
Bestanddele Susan sny elke laag deur en vorm so ’n vierlaagkoek. Ons het die resep…
Die kykNET-sepie Suidooster se sterre skitter weer helder by vanjaar se Suidoosterfees by die Kunstekaap. …
Daar is ’n ou stukkie Chinese wysheid wat sê: “Jy sterf van jou voete af…
Vier Paasfees met ’n lang, uitgerekte kuier in die buitelug. Hier is heerlike en maklike…
Ontglip jou kind jou elke keer as jy wil gesels? Hier is ’n paar wenke…
Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…
Hierdie webwerf gebruik koekies.