Groen skoonheid 101: Gooi jy jou bio-afbreekbare produkte en verpakking reg weg? deur Suzanne Kotzé. Foto: Almaje/istock images
Wat beteken Bio-afbreekbare verpakking en formules?
“Eenvoudig gestel: produkte wat bio-afbreekbaar is, word deur ’n komposteringsproses weer grond wanneer dit in die natuur gelaat word. Die komposteringsproses vind plaas wanneer die produk blootgestel word aan suurstof sodat bakterieë en fungi die oppervlakke opvreet en die produkte vergaan en onherkenbaar word,” verduidelik Roelien du Plessis, lektor aan die Departement van Omgewingswetenskap, aan Unisa.
Waar moet jy van bio-afbreekbare verpakking ontslae raak?
“Bio-afbreekbare verpakking kan saam met jou tuinafval geplaas word of op jou komposhoop, of in klein hoeveelhede op ’n slag kan jy dit vir jou wurms in jou wurmplaas voer,” sê Roelien.
As jy nie ’n komposhoop of plek vir ’n komposhoop het nie, beveel Robyn Smith, eienaar van faithfulltonature.co.za’ n bokashi-drom aan waarin jy kos-afval en klein hoeveelheid bio-afbreekbare verpakking kan gooi.
Lees ook: Laat jou vullis blom
Hoekom is dit geld en hulpbronne mors as jy bio-afbreekbare verpakking in jou gewone drom gooi?
Gooi jy jou bio-abreekbare rommel in die gewone drom, help dit nie veel nie. Die gereguleerde stortingsterreine is veronderstel om inkomende rommel te kompakteer en met ’n laag grond te ‘begrawe’.
Bio-afbreekbare produkte is veronderstel om dan te kan afbreek, maar die kompakteringsproses veroorsaak soms dat alle suurstof uitgepers word sodat die bio-afbreekbare produkte as ’t ware onder die grond ‘bewaar’ word. Daar is al koerante (papier is bio-afbreekbaar) op ’n afvalterrein opgegrawe wat ná baie jare nog leesbaar was.
Die idee is tog juis dat jy skoonheidsprodukte met bioafbreekbare formules gebruik sodat jy minder druk op ons water- en suiweringstelsels plaas.”
Hoe help skoonheidsprodukte met bio-afbreekbare formules die omgewing?
Om skoonheidsprodukte met bio-afbreekbare formules te gebruik plaas weer minder druk op ons waterstelsels en die suiweringsisteem.
Probeer hierdie produkte
Onthou egter ’n produk met ’n bio-afbreekbare formule soos hand- of lyfwas se verpakking is nie ook noodwendig bio-afbreekbaar nie. Maak seker jy kyk op die verpakking hoe om reg daarvan ontslae te raak.
-
- LUSH Cleansing Wipes 7 to 3 (R39,50) is ’n bio-afbreekbare, herbruikbare reiniger en grimeerverwyderingslappie wat jy net kan afspoel met warm water nadat jy dit gebruik het. Dit kan vir tot drie maande hou.
- Eco-Friendly Biodegradable Cotton Buds (R21,99 vir 100 oorstokkies beskikbaar by apteke landswyd en aanlyn by avidbrands.com) bevat geen plastiek nie en is ten volle bio-abreekbaar.
- Eco Diva Face Wash ( R340) het ’n hervulbare glasbottel in plaas van plastiek. Eco Diva bevat geen chemiese bestanddele nie en maak slegs gebruik van organiese en natuurlike bio-afbreekbare stowwe.
- RAIN se Castile hand- en lyfwasreeks (R109 vir 400ml) is gemaak van ’n verskeidenheid olies en is ten volle bio-afbreekbaar en kan op jou lyf en selfs jou hare gebruik word.
- KIEHL’S “Made for All” Gentle Body Cleanser (R550) reinig sagkens, is gemaak van 95% natuurlike betanddele (onder andere aalwyn en seepboom ekstrak) en die was is bio-afbreekbaar terwyl die bottel gemaak is van 100% post-verbruiks-herwinbare materiaal.
- WooBamboo volwasse tandeborsels (R139 vir ’n pak van 2) word van natuurlike bamboes gemaak, wat natuurlik 100% bio-afbreekbaar is en het reeds 3,5 miljoen plastiek-tandeborsels wêreldwyd vervang.
- Earthsap Citrus & Ginger Body Wash (R88) ruik heerlik vars en is ten volle bio-afbreekbaar en die prys is meer bekostigbaar vir elke dag se gebruik.
- Aloha Bar (R120) lyk dalk soos ’n koekie seep, maar dit is sjampoe. Hierdie seep-sjampoe is gelykstaande aan drie bottels gewone sjampoe en is ten volle bio-afbreekbaar.
Gooi jy jou bio-afbreekbare produkte en verpakking reg weg?
Nou weet jy hoe, geen verskonings!
Lees ook:
Waterwys-skoonheid: Wêreldwyd ’n groot trend