Vraag
Ek is al in my veertigs en wonder hoe ek my grimering kan aanwend sodat ek jonger kan lyk? Simone Hayward
Antwoord
• ’n Gloeiende vel lyk altyd jonger. Vermy ’n poeieronderlaag en verbloem puisies en donker kringe onder jou oë.
• Gebruik ’n mat verbronsingspoeier in die holte van jou wange, onder jou wangbene, slape en onder jou kakebeenlyn. Wees versigtig dat kwashale nie sigbaar is nie.
• Krul ook jou wimpers.
• Kies natuurlike skakerings. Vermy blink, skitterende oogskadu’s wat die vel om jou oë gekreukel laat lyk.
• As jy oogskadu gebruik, fokus op die buitehoeke van jou oë. Dit sal “slap” ooglede laat lyk of dit gelig is.
• Vermy donker of bruin lipstiffies. Pers of donkerbruin lipstiffies laat jou lippe dunner lyk. En dit terwyl ons lippe juis dunner word namate ons verouder!
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.