Die toekoms van grimering
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Sou jy ooit kon dink grimering kan deur middel van ’n rekenaardrukker gedruk word? Verwelkom die nuwe Mink 3D-grimeerdrukker wat, letterlik, grimering uitdruk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die Mink persoonlike drukker kan enige foto onmiddellik in ’n drabare kosmetiese middel omskep. Jou kamera, selfoon of skootrekenaar word ’n eindelose skoonheidsgang.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die Mink is tans nog net ’n model/prototipe wat jou $300 uit die sak sal jaag. Die stigter, Grace Choi, beoog egter om die produk uiteindelik teen ’n goedkoper prys te verkoop, sodra dit gepatenteer is. Sy wil hê die Mink moet die grootte van ’n MAC Mini wees.
Hoe werk dit?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die Mink kan na bewering enigeen toelaat om persoonlike grimeerskakerings op enige tyd van die dag te skep. Volgens Choi is die grimering nie dieselfde as ’n drukker se ink of kleursel nie, maar dit word gemaak van dieselfde bronne as die grimeerprodukte wat op winkelrakke beskikbaar is. Sy wil egter nie te veel oor die proses of uitvinding verklap nie, aangesien die produk (en die tegnologie rondom dit) nog nie gepatenteer is nie.
Choi glo die Mink is die toekoms van grimering en sy wil aanvanklik op jong meisies fokus, juis omdat hulle in ’n eksperimentele fase van grimering is en nie sommer bang is om nuwe dinge te probeer nie.
Kyk hier na ’n video-insetsel waar Choi oor die Mink gesels.
Bron: www.thecrunch.com
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.