kategorieë: GrimeringSkoonheid

Grimeerwenke vir brildraers

Hou dit eenvoudig

’n Bril trek baie aandag na jou oë – hou dus jou grimering eenvoudig. Minder is beslis beter. Grimeerghoeroe Bobbi Brown stel voor jy trek ’n lyn bo jou wimpers, gebruik ’n neutrale oogskadu op jou ooglid en ’n dun lagie maskara aan jou boonste wimpers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sê ja vir helder lippe

’n Helder lipstiffie sal enige brildraer se gesig dadelik optof. Kies ’n sterk lip óf sterk ooggrimering, moet liefs nie albei saam dra nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gee aandag aan jou wenkbroue

’n Brilraam vestig ook die aandag op jou wenkbroue en jou wenkbroue raam verder jou gesig. Maak seker dit is goed versorg. Pluk die oortollige hare en vul kaal kolletjies met ’n wenkbroupotlood of -poeier in, sê Meriek van den Berg, ’n oogkundige by Mellins i-Style wat daagliks met met pasiënte werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verbloemer is ’n moet

Die glas in jou rame kan moontlik ’n skaduwee onder jou laat. ’n Verbloemer onder jou oë is een van die produkte wat dadelik jou gesig meer helder sal laat vertoon. Kies ’n verbloemer wat een of twee skakerings ligter is as jou huidige onderlaag om enige donker kringe of skaduwee onder jou oë te versag, stel Bobbi Brown voor.

Gebruik ’n wimperkruller

Om jou wimpers te krul, sal dadelik jou oë groter en meer oop laat lyk. Bonus: as jy langer wimpers het sal dit keer dat jou wimpers teen jou bril se lens vasdruk.

Werk netjies

As jou voorskrifbril jou oë kleiner laat lyk, skep die illusie van groter oë met ’n fyn, ligte lyntjie onder en bo jou oë. Die teenoorgestelde geld wanneer jou bril jou oë groter laat vertoon. Wees ekstra versigtig met die aanwending, want die vergroting gaan slordige grimering nog opsigteliker maak. Bobbi Brown

Kies ’n oogskadu met lig-reflekterende tekstuur

Gebruik ’n glinsterende oogskadu op die vou van jou ooglid – onthou teksture wat lig reflekteer trek aandag na jou oë en sal so ook jou oë laat groter lyk, sê Keagan Capito, professionele grimeerkunstenaar van M.A.C Cosmetics

Trek ’n netjiese lyn

Om seker te maak jou oë staan agter jou brilrame uit, kies ’n 1950’s-benadering tot jou grimering

“Wend ’n donker vloeibare oogomlyner op jou boonste wimperlyn aan – dit sal jou oë raam en definisie gee. Onthou om netjies te werk en ’n mooi lyn te trek” Sê Keagan.

Wenk: gebruik ’n oorstokkie met grimeerverwyderaar om die lyn netjies te maak as jy sukkel om jou lyn netjies en reguit te hou.

Moenie van blosser vergeet nie

’n Blosser is ’n moet vir almal, of jy nou ’n bril dra of nie – dit is die vinnigste manier om jou voorkoms op te helder en die veelsydigste toording in jou smuktas. Jy kan dit vinnig en liggies oor jou wange, voorkop, ooglede en lippe swiep vir kleur én ’n gesonde gloed.

Kies die regte onderlaag

“Kies ’n onderlaag wat nie maklik afvee nie en waterdig is. Dit sal voorkom dat onaantreklike lyntjies onder jou bril en aan die kant van jou neus vorm. Jou bril kan ’n skaduwee op jou gesig vorm, so gebruik ’n onderlaag wat een skakering ligter as jou natuurlike velkleur is in hierdie areas. Wend ’n dun lagie aan die ooglid en onder die oë, sê Meriek.

Wenke vir kontaklensdraers

Meriek stel verder voor dat kontaklensdraers altyd eers hul lense moet insit voordat grimering aangewend word. Dit sal keer dat grimering nie onder die lense beland nie. Die deeltjies kan jou oë laat traan wat grimering loperig kan maak.

Lees ook: Was jou grimeerkwassies só

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

57 mins Gelede

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

2 hours Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

1 day Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

1 day Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.