Classic Blue
Grimeer met Pantone se kleur van die jaar, Classic Blue. Deur Suzanne Kotzé. Foto: Shutterstock/Greatstock
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Ons wag elke jaar met groot afwagting dat Pantone sy kleur van die jaar aankondig, en 2020 se kleur is 19-4052 Classic Blue. Aanvanklik het ek gedink ag, gewone blou, dis vervelig, maar lees jy oor hoekom die blou gekies is, word dit sommer dadelik jou nuwe gunstelingkleur!
Pantone sê die volgende oor die kleur: “Die kleur verteenwoordig kalmte, vertroue en konneksie. Hierdie blou beklemtoon ons behoefte aan ‘n betroubare en bestendige fondament waarop ons kan bou soos ons oorgaan na ‘n nuwe era. Ons leef in ‘n tyd waar vertroue en geloof nodig is. Dit is die tipe standvastigheid en vertroue wat deur Pantone 19-4052 Classic Blue uitgedruk word. Dis ‘n soliede en betroubare skakering waarop ons altyd kan staatmaak,” sê Leatrice Eiseman, uitvoerende direkteur van die Pantone Color Institute
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Bruin en haselneutkleurige oë lyk veral mooi saam met blou. Die koel skakerings komplementeer die warm oogkleur.
Het jy blou oë, is blou aksente ook mooi om jou oogkleur te beklemtoon. Swart oogomlyner lyk gewoonlik te hard saam met jou oogkleur, so probeer gerus ‘n streep blou!
Lees ook: 9 skoonheidswenke vir die werkende vrou
Trek ‘n blou streep
Hierdie voorkoms moet skoon en minimalisties lyk. Die maklikste en veiligste manier om blou ooggrimering te dra sonder om te lyk of jy in die tagtigs verdwaal het, is om net ‘n lyntjie op jou ooglid aan te bring. Hou die res van jou grimering natuurlik; vermy helder pienk lippe saam met die voorkoms!
Wend oogskadu wat dieselfde kleur as jou vel is of deursigtige poeier aan jou ooglede voordat jy oogomlyner aanwend. Dit absorbeer oortollige olie op jou ooglede en keer dat jou oogomlyner smeer.
Het jy nie ‘n blou oogomlyner nie, maar wel blou oogskadu? (Dis altyd die kleur wat in my ooggrimeringpalet oorbly …) Maak ‘n dun kwassie in water nat en gebruik die oogskadu as oogomlyner.
blou oogomlyner
Maak blou jou nuwe swart as dit by naelkleure kom. As jy bang is dis te veel, speel rond daarmee en gebruik dit in negatiewe spasie naelkuns.
Loer hier vir nog lekker naelwenke
Blou naels. Foto: Kristina Stojiljkovic
Ons hou van die eenvoudige, negatiewe naelkuns (Psst! dit beteken dat ‘n deel van jou natuurlike nael ook wys) saam met blou. Dit is boonop maklik om dit self by die huis te doen, veral met die hulp van naelstreepband.
Plak die streepband op en verf die deel bo (of onder).
Verf twee dun lagies kleur aan (eerder as een dik laag)
Trek die streepband af voordat die naelverf heeltemal droog is, anders kan dit oneweredige lyne maak.
#rrWenk: Ons het dit self getoets en nie spesiale naelstreepband byderhand gehad nie, en toe sommer maskeerband gebruik en heel goed reggekom.
Blou naels
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.