Deur Martie Swanepoel. Foto Pexels
Erik en Magriet het op die strand getrou. Mariaan moes die seremonie ’n paar dae vervroeg omdat Magriet vinnig agteruitgegaan het. Dit was ’n emosiebelaaide klein seremonie op ’n soel laatmiddag. Die see was diep teruggetrek en daar was net ’n kring wit stoele met roosblare op die klam sand. Magriet se droom was om oor die strand aangestap te kom, maar sy was te swak. Erik wou haar nie met die rolstoel stoot nie. Hy het verkies om haar te dra terwyl ’n violis ’n minuet van Boccheri gespeel het. Sy het haar grys rok aangehad.
Magriet het ’n gedig van Elizabeth Fryes tydens die seremonie voorgelees. Vir haar was dit nie net ’n troue nie, dit was ’n afskeid van haar mense:
“Do not stand at my grave and weep
I am not there. I do not sleep.
I am a thousand winds that blow.
I am the diamond glints on snow.
I am the sunlight on ripened grain.
I am the gentle autumn rain.
When you awaken in the morning’s hush
I am the swift uplifting rush
Of quiet birds in circled flight.
I am the soft stars that shine at night.
Do not stand at my grave and cry;
I am not there. I did not die.”
Dit was vir Erik moeilik om die woorde te absorbeer, maar hy het geweet en Magriet het geweet. Haar tyd het gekom.
Asof dit so gereël is, het ’n ligte wind opgesteek. Elke gas het ’n helder kleur vlieër die wolklose namiddaglug laat insweef. ’n Groep kinders met wit klere het elk met ’n kleurvolle vlieër oor die duine aangestap gekom. Die kinderkoor van ’n plaaslike skool se helder stemme het die vroegaandlug gevul met van Adele se mooiste liefdesliedere.
Magriet het kruisbeen op die sand gesit en kyk na die helder vlieërs teen die pastelkleure van die vroegaand-lug. Erik het langs haar gesit met sy arm om haar tenger lyf.
“Weet jy wat, Erik? Jou vriendskap was nog altyd vir my soos ’n vlieër. Jy kon my op hoë windstrome dra. Jy het my vlerke gegee.”
Erik het verleë gelag.
“Ek dink jy was die vlieër en ek die tou wat jou in toom moes hou, Grieta. Jy was mos nog altyd ’n wille een. Maar ek het jou stadig ingekatrol oor die jare. Partykeer het ek jou skiet gegee en partykeer moes ek aan die tou klou vir al wat ek werd was.”
Hy het hul vonkelkwynglase weer volgemaak en die bottel in die sand gedruk.
“Ek weet. Dankie dat jy my in toom gehou het. ’n Vlieër kan nie net vry in die wind vlieg nie. Iemand moet die tou vashou en dit stuur. Jy was vir so lank my ankertou. Hoe sal ek verder kan vlieg sonder jou? Wat gaan gebeur as jy die tou los?”
“Ek weet. Dankie dat jy my in toom gehou het. ’n Vlieër kan nie net vry in die wind vlieg nie. Iemand moet die tou vashou en dit stuur. Jy was vir so lank my ankertou. Hoe sal ek verder kan vlieg sonder jou? Wat gaan gebeur as jy die tou los?”
Erik het haar kop teen sy skouer vasgedruk.
“Jy sal grasieus verder vlieg. Soms sal jy ’n hoë windstroom vang en ’n paar keer in die lug tol, maar jy sal altyd kan vlieg, Grieta. Die winde sal jou oor die berge en oseane vat. Oor die wolke, verby die sterre en planete.”
Magriet het haar pyp uit Erik se hempsak gehaal en vir hulle ’n stopseltjie gestop. Hulle het blou bolle kersietwak in die rigting van die branders geblaas.
“Erik? Jy weet jy sal die tou nou moet laat gaan?”
“Ek weet, maar ek wil so lank moontlik daaraan vashou.”
Hy het ’n papiertjie uit sy sak gehaal.
“Ek het ook iets wat ek vir jou wil lees. Ek sou die woorde graag self wou skryf, maar jy weet ek is nie ’n man van die lettere nie. Dis deur ’n onbekende digter, maar vat die woorde vas wat ek wil sê:
I’ll stay forever just to be with you again
Wait for me,I’ll save my tears
I know that your waiting there for me
In my dreams
Everytime I sleep
You are that angel that always dried my tears
A soft touch in my lips everytime I woke up
Everytime I feel cold
It is you who hugs me to make me warm
An endless supply of comfort
You never leave me
You always love me……..
Sometimes I talk to you
Even though your not there
I know that your listening
Your laughing when I’m singing!
I’m crying again
It’s ok my love……..
I’m just missing you again
I love you so much
I love you
One day honey,I’ll promise we will be together again
We’ll just gonna stay in bed and hold you whole night
I will always wait for your kiss
Good morning and goodnight
I love you,I love you too……
I’ll make your favourite meals
Record our favourite shows
I’m gonna love you again until the end of time.”
Die gaste het ongemerk verdwyn asof hulle Erik en Magriet nie wou steur nie.
Hulle het lank net na die branders sit en kyk. Soms ’n slukkie vonkelwyn geneem en soms ’n stopseltjie gerook. Toe het Erik haar teruggedra na die hospies.
Dit was ’n lang nag. ’n Wind het opgesteek en treurig om die hoeke gehuil.
Die volgende oggend het Erik alleen op die strand gaan sit. Hy het net voor hom uitgestaar. Toe ruik hy skielik kersietwak. Hy het die pyp uit sy sak gehaal. Maar dit was koud.