Deur Martie Swanepoel. Foto Pixabay
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Erik het Magriet op haar stoep ingewag. Hy het haar lank vasgehou en haar op haar kroontjie gesoen. Sy het geweet Jaco het by hom oor die moesie geklik.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Hulle het nie gepraat nie. Hy het vir haar ’n borrelbad getap en op die stoep gaan sit en wag dat sy haar moegheid uitwoed.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Sy het daarna langs hom op die stoeptrap gaan sit. Haar kop teen sy skouer.
“Ek het jou lief, Griet.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Ek weet.”
“Moenie weggaan nie.”
“Ek wil nie.”
Hy het sy arm om haar skouer gevou.
“Ek het lang verlof geneem.”
“Hoe lank?”
“Lank genoeg.”
Magriet het gewonder hoe lank is lank genoeg. Hoeveel maande, dae, ure, minute, sekondes?
“Is jy bang?”
“Ja. Ek gaan dié een nie wen nie.”
“Ek glo nog aan wonderwerke.”
Sy het Erik teen die wang gesoen.
“Ek ook.” Maar sy het in haar hart geweet dat Erik haar wonderwerk is. Hy was nog altyd haar vangnet. Met die borskanker was hy die eerste gesig wat sy gesien het toe sy wakker geword het. Hierdie keer gaan dit ook hy wees. Dit het haar gerus laat voel. Sy het geweet dat elke keer as sy haar oë toemaak in die proses, sal Erik daar wees as sy dit oopmaak. Dis haar wonderwerk. Dat iemand haar al die jare so liefhet dat hy gereed staan om haar te vang as sy struikel.
Die blou armbandjie om haar pols het koningsblou, wit en goue kraletjies gehad. Elkeen met ’n stewige knoop van die ander een geskei. Daar was sewe kraletjies. Magriet se vingers het hulle om en om gedraai. Sewe. Sou die meisie geweet het? Maar sewe is ’n getal. Iets wat kom en verby tik. Dis nie iets waaraan Magriet wou dink nie. Sy wou vasklou aan elke sekonde.
Sy het die proses van kanker se emosies geken. Dit was nog te vars in haar geheue na die vorige keer. Die woede, selfbejammering, en die werklikheid. Deel van die werklikheid was aanvaarding. Sy het geweet hoe vinniger sy by daardie punt uitkom, hoe beter.
“Ons gaan memories maak. Ek en jy. Dit hou vir ewig.”
“Ek het nog my vorige emmer-skop-lysie,” het sy ’n grappie probeer maak.
“Ek klim nottehel nog ’n berg saam met jou uit, Griet. Jy het te veel geteem op die vorige een.”
Hulle het saam gelag.
“Ek wil nie dié keer planne maak nie. Ek wil net wees. Jy kan die planne maak. Ek weet jy sal die bestes kies. Ek wil net saam met jou wees as dit gebeur.”
Erik het haar hand geneem en ’n eenvoudige goue band uit sy sak gehaal.
“Ek gaan dit nie sentimenteel maak nie. Maar jy gaan jou mooi troue kry. Bomme en al. Jy kan jou grys rok aantrek.”
“Jy bedoel jy gaan nie vir my ’n ander een koop nie? Cheap skate!”
“Ek dog ons kan geld spaar.”
Hulle lag was oordrewe.
“Ek het op pad terug van die Kaap af gedink oor al die goed wat ek saam met jou gemis het. Daardie jong liefde, trou, kinders. Ons het baie jare gemors. Ek is so spyt ek het nooit in jou raakgesien wat jy is nie, Erik. Ek weet dit is ’n cliché, maar as ek die tyd kon terugdraai …”
“Ons het perfekte tye saam gehad, Griet. Ons was beste vriende. Onvoorwaardelike beste vriende. Ek is spyt oor niks. Ek wil nie terugkyk na dit wat kon gewees het nie. Dis nou ons tyd.”
Magriet het die goue pant in die rondte gedraai. ’n Sirkel wat vir ewig hou.
“Maar ons tyd is so min.”
“Dit is nie. Ons het al die tyd wat ons nodig het. Ons weet als wat ons hoef te weet. Ek weet dat ek vir jou lief geword het die eerste keer toe jy langs my in die klas kom sit het op universiteit. Jy was anders, snaaks, opwindend, oulik … Jy het my soms woedend gemaak met jou impulsiwiteit en hardkoppigheid, soms geskok, maar ek het geweet dat ek jou altyd alles sal kan vergewe.”
“Nou sê jy my! Dink net hoe ek jou kon misbruik as ek geweet het … Maar ek het. Ek kon jou nog altyd misbruik. Jy was altyd daar.”
Erik het opgestaan en wyn gaan haal. Boekettraube.
“Op onvergeetlike oomblikke.”
Hulle het ’n ruk in stilte gesit.
“Ek het ’n onthulling om te maak,” het Erik byna trots aangekondig.
“Is dit ’n goeie of slegte onthulling?”
“’’n Onverantwoordelike een.”
“Ek weet nie of ek nou die krag het daarvoor nie.”
Erik het ’n pakkie uit sy binnesak gehaal.
“Kyk wat het ek!”
Magriet het geskok na die daggazol in Erik se hand gekyk.
“Waar kry jy dit!”
“Dit was ’n bewysstuk in ’n hofsaak. Ek het dit gegaps. Sien jy, ek is nie so aards konserwatief soos jy dink nie!”
“Ek dog nog altyd jy het eintlik ’n wilde streep in jou!”
“Sal ek hom aansteek?”
Magriet het rondgekyk asof ’n dagga-spioen hulle enige oomblik gaan bekruip.
“Ons is twee ou mense, Erik! Is jy mal?”
Erik het die zol aangesteek en ’n paar trekke gegee. Skielik het hy begin hoes. Magriet het hom vervaard op die rug geklop tot hy hygend die zol na haar uitgehou het. Sy het een trek gegee en dit in ’n blombedding dood gedruk. Om seker te maak die dagga-spioene vang hulle nie, het sy dit met haar hak ingetrap.
“Toenou, daar het ons nou hierdie ding uit ons uit. En dis so ver as wat ons eksperimente aan die wilde kant gaan! Ek dink nie dis in jou aard nie. Jy is die koekerige soort, Erik. En dis hoe ek van jou hou.”
Erik het nog ’n boekettraube oopgemaak.
“Ons is darem nie so erg nie. Ons het darem ons oomblikke gehad.”
Magriet het Erik se hemp tot onder sy keel toegeknoop.
“Ek weet, maar vanaand hou jy jou hemp aan!”
Die boekettraube het die spanning weggespoel. Hulle het oor lawwe goed gelag soos Magriet se dansvernuf, die dagga-drama in die vliegtuigtoilet en die daggazol wat nou in Magriet se tuin begrawe is.
Na ’n ruk het hulle net stil langs mekaar op die stoeptrap gesit. Magriet het met haar kop teen Erik se skouer gelê en sy het geweet dat sy op daardie oomblik niks anders nodig het nie.
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.