Die teleurstelling op Erik se gesig was soos ’n diep steekpyn in Magriet se hart. Haar beste jarelange vriend. Hoe kon sy hom so seermaak? Maar Erik het sy emosies soos ’n trooper weggesteek en Magriet met komplimente oorlaai.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }“Daardie rok klou soos ’n kous aan jou mooi lyf! Jy sal my laat vergeet ek is jou pel!” Hy het sy arm om haar skouer gesit en daarop aangedring dat Mariaan hom “saam met die sexyste kunstenares by die uitstalling” afneem. Daarna het Erik en Mariaan maar min van hulle vriendin gesien. Klaus Verdoorn het haar soos ’n skouperd voor die media geparadeer. Net hy kon dit regkry om soveel glitterati en uitgelese lede van die kunsgemeenskap bymekaar te kry. Erik en Mariaan het die spektakel glimlaggend eenkant staan en betrag. Die “opregte” drukkies, die “oh, Daling’s”, die windsoentjies op beide wange en die pik-pik aan die gourmet canapés. Erik se lenige lyf het kort-kort geskud soos hy lag en dan het hy vir hom en Mariaan nog wyn ingegooi.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ondanks die skuldgevoel het Magriet op ’n waas van komplimente gesweef. Die een na die ander rooi plakker het op haar kunswerke gepryk. “Verkoop!”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Ek hoor die kasregister klingel, Meisiekind,” het Klaus gesê toe hy Magriet se glas weer vol Moët & Chandon Dom Perignon White Gold maak. “Kom, ek het jou nog nie aan Hilton voorgestel nie …” Die name van vernames en bekendes het heen en weer deur Magriet se kop gewarrel. Sy het verbete probeer onthou wie is wie, maar later het die glansmense en kunskenners vir haar soos klone van mekaar gelyk. Vroue met super kort swart en blonde bobs met kort kuiwe, mans met styfpassende geblomde hemde en kortgeskeerde koppe waarop flambojante kwawwe wip-wip elke keer as hulle hul koppe agteroor gooi om luidrugtig te lag.
Klaus was in sy element. Hy het met sy hand besitlik onder Magriet se elmboog met haar deur die mense gevleg. Hulle moes vir sosiale foto’s en persfoto’s paradeer. ’n TV-span van ʼn glans-joernaalprogram het als vanaf die gourmet happies tot die perfekte gym-lywe in perfekte uitrustings afgeneem.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Klaus het Magriet gou touwys gemaak hoe om vir ’n sosiale foto te poseer. “Sit jou een been effe voor die ander een en draai jou lyf. Jou glimlag moet net groot genoeg wees om ’n effense gaping tussen jou tande te laat. Net breed genoeg sodat ’n Marie-beskuitjie tussenin kan pas. Sper jou oë effens en lig jou ken.” Magriet het geluister en gehoorsaam. Sy het nie heeltemal gemaklik gevoel in die alsiende oog van die kollig nie, maar as Klaus gesê het sit op jou “Marie biscuit”-glimlag, het sy dit gedoen. Uit die hoek van haar oog het sy Erik soms eenkant sien staan. Soms het hy sy glas in haar rigting gelig en vir haar geglimlag. Dan het haar hart ’n pyntjie gekry oor die duifgrys rok wat nog teen haar kas se deur hang.
Laataand het Magriet gevoel sy wil net ’n bietjie uitkom. Sy het weggeglip en in die verste hoek van die tuin op ’n bankie gaan sit. Sy het haar pyp uit haar handsakkie gehaal en ’n stopsel gerook. Die laataand-wind het oor haar kaal rug gewaai en sy het skielik hoendervleis gekry. In die rookwolk voor haar het sy haar vir ’n milli-sekonde verbeel sy sien haar ouma Grieta se silhoeët. Dis net die wind en die oorweldigende emosie van die aand, het sy haarself getroos.
Haar rustigheid is deur onstuimige uitroepe van stemme onderbreek. ’n Paar vroue het gegil en mense het op die stoep saamgebondel. Kameraflitse het afgegaan.
Magriet het deur die samedromming gedruk. In die middel kon sy twee mans sien stoei. Haar kniekoppe het lam geword toe sy Erik se lenige lyf gebukkend oor ’n man sien staan. Sy het dadelik geweet wie die man op die grond is.
“Erik! Wat gaan met jou aan!” Sy het hom aan sy arm probeer wegtrek. Dit het Klaus kans gegee om op te staan en ’n venynige kop na Erik te gee. Erik het dubbeld gevou toe Klaus se Bruno Magli-skoene in die kol tref. Klaus het ’n haakhou bygevoeg en bloed het oor Erik se wit hemp gespat. ’n Paar mans het Klaus van Erik af getrek en Mariaan en Magriet het Erik opgehelp. Magriet was woedend vir Erik. Hoe kon hy haar mooi aand so beduiwel? Die pers het hulself gate uit geniet en sy het geweet die skandaal sal al die publisiteit oor haar uitstalling oorskadu. Hoe kon haar beste vriend dit aan haar doen? Sy was verlig toe Mariaan aanbied om Erik huis toe te neem. Sy wou hom nie sien nie. Sy was te kwaad vir hom. Vir ’n oomblik het sy gedink sy wil Erik nooit weer sien nie.
Klaus was in sy kantoor. ’n Vrou met ’n kort swart bob was besig om ’n waslap teen sy neus en oogbank te druk.
“Wat het gebeur?” het sy geskok gevra en nader gestaan om die bloeding te help stop.
“Jou vriend is ’n barbaar. Jy het geen idee watter skade hy vanaand aan jou loopbaan gerig het nie!”
Klaus was geïrriteerd en op daardie oomblik het Magriet soos ’n buitestaander in die kantoor gevoel. Sy het haarself verskoon. Die aand was vir haar verby.
Sy kon daardie nag nie slaap nie. Naarheid van te veel Franse vonkelwyn en ontsteltenis het haar oorval. Nie eens kersie-twak kon haar troos nie. Die hele opbou na die groot aand, die opwinding van die eerste deel van die aand … alles het in ’n groot antiklimaks saam met die opgebondelde wit rok voor haar voete gelê.
Die pers het die eskapade as ’n sappige skandaal uitgebeeld. Die storie van die bekende prokureur en die flambojante galery-eienaar wat mekaar by ’n uitgelese uitstalling bygedam het, is vir die volgende weke uitgerafel. Jaloesie, was die konklusie waartoe die meeste “ontleders” kon kom. Gesien in die lig van Klaus se reputasie is stories geborduur van die liefdesdriehoek tussen die kunstenares, die galery-eienaar en die prokureur. Magriet wou elke joernalis bel en die saak regstel, maar sy het besef dit gaan futiel wees. Sy self het nie geweet wat die aand tussen Erik en Klaus gebeur het nie. Erik was elke keer “besig” as sy hom bel en Klaus het ’n “lae profiel” gehandhaaf sodat hy “die vure kan doodslaan,” soos hy sy afsydigheid probeer verduidelik het. Sy sekretaresse het haar wel opgewonde geluk gewens dat haar uitstalling ’n rekord aantal verkope gehad het.
Magriet het lanklaas so eensaam en depressief gevoel. Dat haar kuns in aanvraag was, was ’n skrale troos. Sy kon nie uitpluis hoekom Klaus skielik so kil teenoor haar is nie. En Erik, wat op aarde het in haar jarelange vriend gevaar? Sy kan steeds nie glo haar altyd vredeliewende vriend het Klaus Verdoorn se neus gebreek nie!
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.