Genoeg vir 6
60 ml (¼ k) olyf- of avokado-olie
sout en gemaalde swartpeper
250 g (1 k) koekmeel
1,5 kg dikrib, in blokkies gesny
2 uie, gekap
2 wortels, geskil en in 3 cm-stukke gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
250 ml (1 k) rooiwyn
2 x 410 g-blikke heel geskilde tamaties, fyn gedruk met ’n vurk
250 ml (1 k) aftreksel
30 ml (2 e) tamatiepasta
1 kaneelstokkie
5 ml (1 t) gemaalde wonderpeper
fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
2 hande vol pekeluitjies
1 groot eiervrug, in blokke gesny
4 murgpampoentjies
410 g-blik gaar lensies, gedreineer
hand vol orego
hand vol pietersielie, gekap
1 Geur die meel na smaak, rol die vleis daarin en verbruin in die verhitte olie in die potjie.
2 Voeg die uie, wortels en knoffel by en verbruin. Geur na smaak.
4 Voeg die rooiwyn, tamaties, aftreksel, tamatiepasta, kaneel, wonderpeper en suurlemoenskil by. Bedek en prut vir sowat 2 uur tot die vleis sag is.
5 Pak die pekeluitjies, eiervrug, murgpampoentjies, lensies en orego in lae bo-op, bedek en prut vir 1 uur tot die groente gaar is.
6 Strooi die pietersielie oor.