Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
30 ml (2 e) olyfolie
500 g lamsboudtjops, sonder been, in blokkies gesny
sout en gemaalde swartpeper
1 ui, gekap
1 seldery, gekap
2 wortels, gekap
5 ml (1 t) gekapte knoffel
30 ml (2 e) koekmeel
125 ml (½ k) aftreksel
125 ml (½ k) blik heel, geskilde tamaties, fyn gedruk met ’n vurk
hand vol oregoblare
125 ml (½ k) fetakaas, in blokke gesny
4 lappies filodeeg
60 ml (¼ k) botter, gesmelt
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. 1. Verhit die olie in ’n groot pan oor hoë hitte en braai die lamsvleis bruin daarin. Geur met sout en swartpeper. Haal uit en hou eenkant. 2. Braai die seldery, uie, wortels en knoffel in dieselfde pan tot sag en bruin. 3. Strooi die meel oor en voeg die aftreksel, vleis en tamaties en -sap by. Prut vir 30 min. tot die vleis sag is. 4. Skep in oondvaste bakkies en druk fetablokke tussen die vleis in. Sny die filodeegvelle in kwarte, frommel dit liggies en sit dit op die lamsvleis in die bakkies. 5. Verf die filodeeg met die botter en bak vir 12 min. tot goudkleurig en krakerig.