kategorieë: Ons menseBekendes

Gretchen Ramsden maak buiging in Skemergrond: ‘Patty verdien ’n happily ever after’

Gretchen Ramsden het pas haar buiging as die sjef Patty Paulsen in die nuwe telenovela op kykNET&kie (DStv-kanaal 145), Skemergrond, gemaak en geniet elke oomblik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Klein maar getrein. Dís Gretchen Ramsden. Sy staan 1,57 m in haar sokkies en met haar krullebol is dit moeilik om haar mis te kyk. Gretchen is in Vredenburg aan die Weskus gebore en het daar aan die Hoërskool Weston gematrikuleer. Ná skool is sy na die Universiteit van Kaapstad, waar sy in 2017 met ’n BA-graad in Drama en Teateropvoering gegradueer het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy is vinnig raakgesien en het sedert haar studentedae op die verhoog, op kamera en agter die mikrofoon geskitter. Sy het haar telenovela-debuut in Arendsvlei gemaak in die rol van Nicolene Arendse. In 2019 was sy te sien in die speelfilm Toorbos en in 2021 het sy groot indruk gemaak in die dramareeks Afgrond, waarin sy die rol van Nadine May gespeel het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In Skemergrond is sy te sien as Patty Paulsen, die hotel se sjef. Patty is oorspronklik van Upington en het Gemoedsdrif toe gevlug. Ten spyte van haar byderwetse en stylvolle voorkoms, is Patty ’n mense-mens. Maar moenie die fout maak om te dink sy’s ’n softy nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Patty is iemand vol hoop en geloof,” sê Gretchen oor haar karakter. “Alhoewel haar verlede haar teister, laat sy nie toe dat dit die skoonheid van die lewe wegvat nie. Sy hou haar sprankel en vertrou dat dinge wel sal uitwerk.”

Sy sê sy hou veral van Patty se klere en grimering. “Dis altyd ’n plesier om deur die proses te gaan om onder die karakter se vel in te kom. Ek is lief vir Patty en geniet elke oomblik in haar skoene. Die grootste uitdaging is om met haar trauma te deal. Emosies kan soms swaar en seer voel, maar dis alles die moeite werd, want dit help my ook op ’n manier in my eie lewe.”

Die telenovela-formaat, waar baie van die tonele nié in ateljees verfilm word nie, pas haar soos ’n handskoen. “Ek hou van die geleentheid om op location te shoot, en met Skemergrond kry ek die kans om baie in die natuur te wees.”

Kan Gretchen haar slag in die kombuis wys soos Patty? “Maar natuurlik kan ek kook! Voor ek nog Patty gespeel het, het ek altyd pretend ek is op ’n cooking show terwyl ek kos maak. Ek speel ook instrumentals in die agtergrond vir bietjie ambience en inspirasie.”

Wanneer sy mense onthaal, hang dit af hoe sy die dag voel “en die tema in my kop en my persoonlike seisoene”, maar vra jy haar wat haar gunstelingdis op die oomblik is, is dit net een ding: “Dis winter, en ek is lus vir my ma se sop.”

Terug na Patty en die verlede wat sy probeer ontvlug. “Ek verkies om Patty se geheime te koester. As enige geheime voel dat dit die lig wil sien, sal dit maar self moet uitspeel,” sê Gretchen. “Ek hoop vir Patty vir ’n happily ever after, maak nie saak hoe dit lyk nie. Sy verdien dit.”

As daar een van haar eie eienskappe is wat sy graag vir Patty wil gee, is dit om vir hulp te vra. “Patty sukkel om te vra vir hulp omdat sy so independent is. Ek sal haar wil leer om interdependence deel van haar lewe te maak.”

Skemergrond is Maandae tot Donderdae op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) om 19:30. Dit is ook beskikbaar op DStv Catch Up en DStv Stream.

Lees ook: Amor Vittone binnekort in Diepe waters: ‘Al wat my karakter soek, is liefde.’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

EKSKLUSIEWE FOTO’S: Donnalee Roberts vier veertig keer om die son!

Deur Karlien Meiring. Foto’s: Shavaune Photography   Donnalee Roberts, die geliefde aktrise, skrywer, rolprentmaker en…

1 day Gelede

Plante wat kleur en geur by jou tuin sal voeg

Deur Christa Swanepoel   Dis heerlik om hierdie tyd van die jaar nuwe groei in…

2 days Gelede

Vyf ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September geboei gaan hou

Hou vas aan jou stoel, want Diepe Waters gaan vir ‘n wipwarit in September sorg.   Hier’s…

2 days Gelede

Hoe om jou wintersklere reg weg te stoor

Daar is nie ’n beter tyd as die begin van die lente om jou kas…

2 days Gelede

5 van ons beste ontbytresepte

Eksperimenteer met verskillende ontbytresepte om jou dag sommer van die begin af op te kikker.…

2 days Gelede

Cappuccino-kolwyntjies

Bestanddele   Ons het die oulike sjokolade-skyfies by Clicks gekoop. 12 sjokoladekolwyntjies 125 ml(½ k)…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.