kategorieë: Ontspanning

The Great SA Bake Off: Seisoen 2

Elke gesoute Suid-Afrikaner ken die verskil tussen ’n koesister en ’n koeksister. Bekende gebak soos melktert, mosbolletjies, vlaskywe en piesangbrood is eie aan die Suid-Afrikaanse kultuur. Dit is moontlik die rede waarom die gewilde Britse kookprogram, The Great British Bake Off, se Suid-Afrikaanse suster (The Great South African Bake Off), so gewild was tydens die eerste seisoen. Vanjaar, op 18 Oktober 2016, skop seisoen 2 op BBC Lifestyle af en ons kan nie wag nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Seisoen 1 was in 2015 die beste reeks op BBC Lifestyle én dit het Sosiale Media oorheers. Elke episode het ge-“trend” op Suid-Afrikaanse Twitter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Seisoen 2 beloof om net so gewild te wees met ’n splinternuwe mede-aanbieder wat by die span aansluit. Lentswe Bhengu, ’n opgeleide sjef, sal saam met die gewilde aanbieder Anne Hirsch, asook die beoordelaars Shirley Guy en Tjaart Walraven verantwoordelik wees vir die reeks se “voor-die-skerms” vermaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Anne Hirsch is ernstig oor snaaks wees.

Ons kan nie wag dat die nuwe seisoen afskop nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

The Great South African Bake Off begin op 18 Oktober 2016 op BBC Lifestyle (DStv Kanaal 174).

Kyk hier na die voorskou:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

2 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

2 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

3 days Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Wees positief, leef langer

Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.