GRATIS verhaal: Annemieke Mentz. Annemieke Mentz is geskryf deur Bernette Bergenthuin. Hooffoto: iStock/knoppper
Hoofstuk 1: Die ontnugterende ontwaking
“Ek het al daarvan gelees. ’n Buiteliggaamlike ervaring. Die vlieg-teen-die-muur gevoel. Asof jou lewe ’n fliek is wat hom voor jou afspeel. Ek beleef tans so ’n oomblik. En dan word die vlieg teen die muur ’n vlieg in die salf of die wyn of die werklikheid. “Skei? Jy wil skei?””
Hoofstuk 2: Die bootjie het gesink …
‘Annemieke het pas uit die hof gestap. Sy is vars geskei. Waarom weet sy nie. Wat sy nou gaan doen, weet sy ook nie. Sy wou juis met hul wittebrood-album begin het …”
Lees ook: Laai die lekkerste GRATIS blokraaie en woordspeletjies af
Hoofstuk 3: Doepa teen die weemoed
“Annemieke lek haar wonde ná sy in haar liefde verlaat is, tot haar naastes besluit genoeg is genoeg.”
Hoofstuk 4: Ek sal kan doen met ’n miljoen
“Dis tyd dat sy ’n werk kry, meen Annemieke se vriende. Sy daag teësinnig by die onderhoud op, net omdat sy bang is sy moet weer by haar ma-hulle intrek. ”
Hoofstuk 5: Die kat kom weer
Kobus, terug van vakansie, kom bly weer in hul huis tot die dag van die trek. Annemieke is glad nie beïndruk nie!
Hoofstuk 6: Nuwe besem
“Dis haar eerste dag by die nuwe werk. Annemieke voel soos ’n skooldogtertjie in graad een tussen die drie manne met die baarde en brille …”
Hoofstuk 7: Die Griekse god en die anti-held
Vindiesel is erg siek en Annemieke jaag teen middernag veearts toe waar ’n Griekse god van ’n man haar inwag …
Hoofstuk 8: Terug in die nes
Haar beste vriendin spog met ’n ring aan haar vinger terwyl Annemieke se vooruitsigte skraal is.
Hoofstuk 9: Die winter is verby
Die Adonis van ’n veearts het dalk nog nie tot trou gekom nie, maar hy is ook nie ’n man wat op hom laat wag nie.
Hoofstuk 10: Soek die grotman
’n Griekse god van ’n veearts, die perfekte metroman, kom help Annemieke in haar nuwe woonstel, maar hoekom voel sy so geïrriteerd?
Hoofstuk 11: Eksie-perfeksie
Soms is die lewe voorspoedig, vervelig en voorspelbaar. En soms, wel, soms kry jou eks ’n nuwe vlam …
Hoofstuk 12: Seerowers kom met hoogwater
“ManJfique Designs het sy deure vir 2017 gesluit, die baardbrille is gegroet, en ek is by die see!”
Ontmoet die skrywer
Ons gesels met Bernette Bergenthuin, skrywer van Annemieke Mentz en ons nuwe voorlesing, Lam in Wolfsklere. Klik hier om meer oor haar te leer.
GRATIS voorlesing
Het jy geweet? Bernette Bergenthuin het ook ons huidige GRATIS voorlesing, Lam in Wolfsklere, geskryf! Elma Postma lees dit voor en ’n nuwe episode word elke Donderdagoggend om 09h00 vrygestel. Klik hier onder op die pienk speelknoppie om te begin luister.