kategorieë: OuerskapJou lewe

In graad 9? Kies jou vakke só

Versorg deur Mariette Snyman. Foto Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Graad 9’s kies binnekort die vakke waaroor hulle matriekeksamen sal skryf. Hoewel die Department van Basiese Onderwys onlangs aangekondig het die lys van aangeduide vakkeuses – die lys waaruit leerders wat ná skool vir ’n graad wil inskryf hul vakke moet kies – word onttrek, moet leerders en hul ouers baie versigtig te werk gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Neem die vaardighede wat jou vakkeuse gaan kweek in ag

“Party mense reken die onttrekking van die aangeduide vakkeuselys gee jong mense meer keuses, maar ons wil skole en leerders waarsku om nie riskante en oningeligte keuses te maak nie,” sê dr Felicity Coughlan, Direkteur van The Independent Institute of Education, Suid-Afrika se grootste private hoër onderwysverskaffer.

“Die oorspronklike lys het talle vakke bevat wat tradisioneel universiteitstoelating moontlik gemaak het, en baie van hierdie vakke het leerders aangespoor om vaardighede te bemeester wat belangrik is vir toegang tot ’n openbare universiteit of private hoër-onderwysinstansie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Hierdie vaardighede sluit in die vermoë om te redeneer, wat deel vorm van vakke soos geskiedenis; logika en wiskundige vermoëns, soos in boekhou en wiskunde of wiskundige geletterdheid; en bewysvaardighede en wetenskaplike beredenering, soos in die fisieke  en lewenswetenskappe.

Leerders moet daarteen waak om vakke te kies wat almal in een kategorie val

“Daarby het die twee taal-vereiste ’n afgeronde opvoedingservaring vir studente in ’n meertalige land  verseker. Ons moet onthou waarom hierdie vakke oorspronklik ingesluit is, en leerders moet daarteen waak om vakke te kies wat almal in een kategorie val. Soortgelyke vakke beteken hulle uiteindelike som van akademiese vaardighede gaan minder holisties wees, met ’n werklike impak op hulle latere studies.”

Universiteite het nie hul toelatingsvereistes verander nie

Leerders moet ook onthou hoewel skole hul vereistes rondom vakkeuses aangepas het, het universiteite nie hul toelatingsvereistes aangepas nie. “Hoër-opvoedingsinstansies hoef nie hul toelatingsvereistes te verander as hulle nie wil nie, en waarskynlik sal die meeste dit ook nie doen nie. Vir seker nie in die kort termyn nie, en veral nie rakende kwalifikasies wat op die oomblik wiskunde of lewenswetenskappe vereis nie. Ons moedig leerders daarom aan om hul huiswerk te doen voor hulle besluit om tradisionele universiteitstoelatingsvakke uit hul vakkeuses te laat.”

Dink uit die boks

Sekere vakke soos ontwerp was voorheen nie deel van die aangeduide vakkeuselys nie, maar was steeds ’n voorwaardelike toelatingsvereiste vir sekere kwalifikasies by sekere instansies. Die denkwyse wat ontwerp kweek is ’n sterk en noodsaaklike vaardigheid vir ons moderne leefwyse en sal waarskynlik al belangriker raak in terme van toelating tot hoër onderwys.

“Ontwerp is dus ’n voorbeeld van ‘n vak wat ernstig oorweeg moet word as deel van ’n portfolio van kreatiewe vakke nadat leerders vasgestel het of dit aanvaar word deur die hoër onderwysinstansie van hul keuse.

Sluit minstens een vak in waaruit jy weet jy kan uitblink

“Omdat die verandering rakende die vakkeuselys leerders kan aanspoor om makliker of merendeels ooreenstemmende vakke te kies, wil ons hulle aanmoedig om hul opsies omsigtig te oorweeg. Skole moet hulle ook help om ingeligte keuses te maak. Kies vakke wat jou studie-opsies oop laat. Sluit minstens een vak in waaruit jy weet jy kan uitblink, en vul dit aan deur vakke wat jou ’n wye vaardigheidspektrum sal gee. Dit maak jou kans om sukses te behaal soveel groter.”

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

5 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

5 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

5 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

5 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

6 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.