kategorieë: OuerskapJou lewe

Graad 11 sluit deure oop

Met die halfjaareksamens om die draai, het alle leerders motivering nodig – en graad elfs kort ekstra woema. “Talle ouers, leerders en selfs onderwysers sien matriek as die deurslaggewende jaar in iemand se skoolloopbaan. Dis ’n wanopvatting; graad 11 is net so belangrik. Graad 11 en 12 behoort as ’n eenheid beskou te word, nie as aparte mylpale nie,” sê Nola Payne, fakulteitshoof: inligting en kommunikasietegnologie by die Independent Institute of Education, Suid-Afrika se grootste verskaffer van privaatonderrig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die rede is dat baie opvoedingsinstellings soos universiteite voorlopige toelating op grond van graad 11-uitslae toeken. “Universiteitsaansoeke open in Maart van leerders se matriekjaar, maar dis nog te vroeg om betekenisvolle matriekpunte te hê. Die instellings gebruik dus graad 11-eksamenpunte as ’n aanduider van ’n leerling se vermoë om ’n kursus suksesvol te hanteer. Leerders kan dit nie bekostig om eers in matriek alles in te sit nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Leerlinge onderskat baie keer die moeilikheidsgraad van graad 11, omdat hulle dink die ware uitdaging wag in matriek. In werklikheid is die werk net so uitdagend as in graad 12, wat dikwels as ’n hersieningsjaar beskou word. Die inhoud wat in graad 11 bemeester moet word, kan oorweldigend raak as jy nie vroeg al hard werk sodat jy kan byhou nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Dis belangrik om te besef dat werk wat in graad 11 behandel is, ook in die matriekeksamens getoets kan word. Matriekeksamens kan selfs meer werk van graad 11 as van graad 12 toets. Graad 11-eksamens is ook ’n goeie leerskool vir dit wat in die graad 12-eksamens op leerders wag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Matriekeksamens kan selfs meer werk van graad 11 as van graad 12 toets

Aansoeke

Hoër onderwysinstansies gee gewoonlik een van drie antwoorde op aansoeke wat op graad 11-punte steun:

1. Voorlopig aanvaar
2. Op ’n waglys
3. Afgekeur

“Wanneer jy eers afgekeur is, is dit baie moeilik om te sorg dat jou aansoek herevalueer word, selfs wanneer jou matriekpunte dramaties verbeter. Dit geld veral kursusse waarvoor daar ’n groot aanvraag is.

“Tog is daar opsies oop vir leerders wie se aansoeke in hul graad 11-jaar afgekeur word. Dit sluit in:

  • Om vir dieselfde of ’n soortgelyke kursus by ’n ander instelling waar daar nog plek mag wees, aansoek te doen
  • Om vir ’n ander tipe kwalifikasie by dieselfde instelling aansoek te doen, bv. vir ’n hoër sertifikaat of diploma in dieselfde of ’n soortgelyke veld pleks van ’n graadkursus
  • Om daarop te fokus om skoolpunte te verbeter, veral wanneer ’n waglys betrokke is

“Waglyste word dikwels gehou om te sien wie bo uitkom sodra uitslae bekend word. As daar 100 mense op die lys is en jy is in die top tien, het jy ’n beter kans om aanvaar te word.

“Leerlinge wat hul allerbeste in graad 11 lewer, skep die geleentheid om aan die einde van hul matriekjaar die prestasie van ’n leeftyd te behaal!”

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

11 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

40 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.