Foto Pexels
Die vierde uitgawe van Goût de/Good France vind wêreldwyd plaas tussen 19 en 25 Maart 2018, met meer as 2 000 restaurante in 150 lande en oor 5 kontinente wat deelneem deur Franse gastronomie en die Franse art de vivre te vier.
Die restaurante wat aan #GoodFrance deelneem, is as volg:
Gauteng:
- Johannesburg: SA Culinary Club, Radisson Blu Sandton, Four Seasons The Westcliff, Les Délices de France en Le Saint Tropez.
- Pretoria: Leriba Hotel, Court Classique Suite Hotel, Brasserie de Paris, EAT@UP (University of Pretoria) en Prue Leith Restaurant
Wes-Kaap:
- Kaapstad: The 41 en Chefs Restaurant
- Franschhoek: Le Coin Français
Kwa-Zulu Natal:
- Durban: The Glenwood Restaurant, Fusion Restaurant, Fusion French Café en Île Maurice Restaurant
- Ladysmith: Esiweni Lodge
Oos-Kaap:
- Port Elizabeth: Muse Restaurant
- Addo: Addo African Home
Lesotho:
- Maseru: 7 Restaurant
Hierdie geleentheid is deur die Franse ministerie van buitelandse sake en internasionale ontwikkeling saam met sjef Alain Ducasse van stapel gestuur. Hulle het inspirasie geneem van Auguste Escoffier wat die Dîners d’Épicure-inisiatief 1912 begin het: dieselfde spyskaart, op dieselfde dag, in verskeie wêreldstede, vir soveel gaste moontlik.