Die deeg is ’n bietjie meer as wat jy nodig het. Jy kan dit vir kleiner tertjies gebruik of vries. Rasper dit dan oor vrugte in individuele oondbakkies en bak dit in die oond vir ’n vinnige nagereg saam met roomys.
Serves:1 middelslagtert vir 6-8 menseNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Deeg
350 g (2¼ k) koekmeelblom
60 ml (¼ k) suiker
’n knypie sout
225 g koue botter, in blokkies gesny
2 eiergele, liggies geklits
30-60 ml (2-4 e) room of water
Vulsel
185 g (185 ml) botter
45 ml (3 e) strooisuiker
100 ml heuning
200 g (2 pakkies) gevlokte amandels
3-4 appels, sny klein appels in kwarte, of groter appels in agtstes
60 ml (4 e) appelkooskonfyt
30 ml (2 e) suurlemoensap
Voorverhit die oond tot 190 ºC.
Instructions
Bak die tert in ’n 23 cm-losboompan.
Deeg: Meng die meel, suiker en sout vir sowat 10 sek. in ’n voedselverwerker.
Voeg die blokkies botter by die meel terwyl die menger loop. Verwerk tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die eiergele by en meng.
Voeg laastens die room of water geleidelik by terwyl die masjien met ’n lae spoed loop. Maar wees versigtig om nie die mengsel te oorwerk nie - dit sal die deeg laat krimp.
Bring die deeg bymekaar en druk effens plat. Bedek met kleefplastiek en laat vir minstens ’n uur in die yskas rus.
Rol die deeg sowat 4 mm dik op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Druk die deeg versigtig in die losboompan en sny die oortollige deeg met ’n skerp messie af.
Prik die deeg op die boom van die pan met ’n vurk. Voer die pan met waspapier uit, vul met boontjies of rys en bak vir 15 - 20 min. tot die deeg net-net ligbruin is. Haal uit en hou eenkant.
Vulsel: Smelt die botter, strooisuiker en heuning in ’n klein kastrol. Maak seker die suiker is opgelos voor die mengsel begin kook, anders sal dit kristalliseer. Laat prut vir ’n paar minute tot goudbruin. Voeg die amandels by, meng goed en gooi in die gebakte tertkors.
Pak die gesnyde appels op die amandelmengsel. Smelt die appelkooskonfyt en suurlemoensap in ’n kastrolletjie en verf oor die tert.
Bak vir 25-30 min. tot die tert goudbruin is. Laat die tert heeltemal afkoel voor jy dit voorsit.