Instructions
Goue amandel-peertjies
Voorverhit die oond tot 160 °C.
Voer 2 bakplate met bakpapier uit.
1 Meng die fyn amandels met die versiersuiker. Maak ’n gaatjie in die middel en gooi die eierwit, suurlemoenskil en knypie sout daarin. Meng met jou hande tot die deeg bymekaarkom.
2 Rol die deeg in 14 klein balletjies en vorm ’n peertjie deur die bokant effens met jou vingers in te druk. Druk ’n naeltjie in die boonste punt van elke peertjie om die stingel te vorm.
3 Sit die amandelpeertjies regop op die bakplaat - sowat 5 cm uitmekaar en bak vir 20 min. Bak net een plaat op ’n slag op die laagste rak van die oond.
4 Laat die peertjies heeltemal afkoel voordat jy hulle met die goue poeier verf.
Sjokolade-vrugtetertjies
Genoeg vir 30
Verhit die oond tot 160 °C.
Spuit 2-3 vlak tertpannetjies met 30 holtes en ’n deursnee van 7 cm met kleefwerende kossproei.
1 Meng al die bestanddele vir die vrugtemengsel in ’n groot mengbak.
Deeg
1 Room die botter en strooisuiker tot lig en donsig.
2 Klits die eiers een vir een by. Vou die koekmeel en fyn amandels by. Druk die deeg in ’n sirkel plat en draai in kleefplastiek toe. Sit vir 30 min. in die yskas.
3 Rol die deeg so dun moontlik uit op ’n skoon werkvlak wat liggies met meel bestuif is.
4 Sny 30 sirkels van 5 cm met ’n koekiedrukker uit. Voer die tertpannetjies met die deegsirkels uit en vul met die vrugtemengsel.
5 Druk sterretjies uit die oorblywende deeg - maak seker dit pas op die tertjies – en sit op die tertjies. Bak vir 15-20 min. of tot goudkleurig.
6 Laat heeltemal afkoel voor jy die sterretjies met die goue poeier verf.