Wayde van Niekerk het die Olimpiese stadion in Rio de Janeiro oorheers toe hy Sondagaand ’n nuwe wêreldrekord in die 400 m vir mans opgestel het. Wayde, wat “blind” gehardloop het in baan 8, het Michael Johnson se 43.18-rekord van 17 jaar gebreek toe hy in ’n tyd van 43.03 oor die wenstreep gesnel het.
Dit was veronderstel om die Olimpiese kampioen en gunsteling, Usain Bolt, se aand te wees, maar van Niekerk het alle oë op hom gehad – selfs dié van Bolt wat ’n onderhoud onderbreek het om hom geluk te wens.
Van Niekerk was veral geïnspireer deur Bolt se ondersteuning:
“Usain has been such a huge rock, inspiring me as an athlete. He told me back in Jamaica that ‘you will break the world record’. And he came to me after and said ‘I told you you could do it’.”
Wayde is ook die enigste atleet wat ’n sub-10 in die 100m, sub-20 in die 200 m en sub-44 in die 400 kon hardloop.
Kyk hier na die ongelooflike 400 m-finaal waarin Wayde van Niekerk die nuwe Olimpiese ster word: