Gort-en-Koeskoes-slaai met Geroosterde Lemoenslaaisous
Serves:8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, fyngekap
10 ml (2 t) fyngekapte knoffel,
15 ml (1 e) fyngekapte gemmer,
5 ml (1 t) fyngekapte rooi brandrissie
125 g gort
sout en swartpeper
125 g koeskoes
100 g granaatpitte
100 g amandels, ruweg gekap
hand vol kruisement
hand vol koljander
Lemoenslaaisous
15 g botter
2 lemoene, rasper eers die skil af en sny middeldeur
10 ml (2 t) fyngekapte knoffel
10 ml (2 t) fyngekapte gemmer
15 ml (1 e) korrelmosterd
15 ml (1 e) appelasyn
10 ml (2 t) heuning
15 ml (1 e) whisky
60 ml (¼ k) olyfolie
Instructions
Lemoenslaaisous
Braai die halwe lemoene vir 5-7 min. of tot goudkleurig en gekaramelliseer in die gesmelte botter. Druk die sap in ’n kastrol uit.
Voeg die lemoenskil, knoffel, gemmer, korrelmosterd, appelasyn, heuning, whisky en olyfolie by. Geur met sout en swartpeper.
Bring tot kookpunt. Haal van die stoof af en hou warm.
Braai die ui, knoffel, gemmer en brandrissie vir 5 min. of tot sag oor matige hitte in die gesmelte botter. 5 Voeg die gort en 1 liter (4 k) water by. Geur met sout en swartpeper. Bring tot kookpunt en laat prut vir 30-35 min. of tot die gort gaar is.
Skep die koeskoes in ’n middelslag-mengbak. Geur met sout en swartpeper. Gooi 250 ml (1 k) kookwater by en maak die bak met kleefplastiek toe. Laat staan vir 5-10 min.
Haal die kleefplastiek af en roer die koeskoes met ’n vurk deur.
Meng die koeskoes, gort, granaat-pitte, amandels, kruisement en koljander in ’n groot mengbak.
Roer die warm slaaisous deur die bestanddele. Sit met vars kruisement- en koljander-blare voor.
Sit hierdie slaai voor saam met ons stadig geroosterde Marokkaanse lamsblad