Gooi die jare af soos Liza Miller in Younger deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder Hooffoto: Met vergunning TVLand & Showmax
Die 6de reeks van Younger is op Showmax en ons is steeds meegevoer met Liza Miller se klerekas. Haar karakter is ’n 40 jarige vrou wat voorgee om 26 te wees met die doel om ‘n werk te kry. Glo dit of nie, maar net deur haar klere en grimering te verander lyk sy 26!
Dit wys jou net wat ’n klein verandering kan verrig. Hier is ’n paar voorkomste om jou te inspireer.
Geskeurde Jeans
’n Paar geskeurde jeans gee ’n jonger gevoel aan enige uitrusting. Dit hoef nou nie flenters te wees nie: net ’n bietjie tekstuur sal die ding doen.
#rrWenk: Dra dit saam met stylvolle items om nie slordig te lyk nie.
Lees ook: Hierdie 8 foute kan jou slordig laat lyk …
Bypassende items
As jou bykomstighede se kleure in jou uitrusting opgetel word, hoef jou gordel en skoene nie dieselfde kleur te wees nie.
Lees ook: Vyf vinnige modetruuks wat jou uitrusting afrond
Kleurvolle skoene
’n Skoen in ’n buitengewone kleur gee ’n jou voorkoms ’n vars aanslag.
#rrWenk: Moet net nie te veel verskillende kleure saam dra nie!
Lees ook: Mode onder R500 – wat jy nou in die winkels kan kry
Denimbaadjie
‘n Paar enkelstewels lyk jonger as puntskoene en indien jy ‘n deminbaadjie by ‘n romp dra, maak seker die baadjie is ’n korter snit om jou middel en heupe te vlei.
Lees ook: Lyk luuks met hierdie kulkunsies!
Alle Foto’s van die Younger-reeks: Met vergunning van TVLand & Showmax
Verbruikersgids: