kategorieë: WenkeSkoonheid

#GoldenGlobes2016: ons gunstelinge

Wil jy soos ’n Hollywood-ster lyk? Die kenners verklap hoe jy dit kan regkry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kate Winslet

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Lancôme se gewilde ambassadeur, Kate Winslet, het tydloos gelyk. Kate het boonop ’n Golden Globe vir die beste ondersteunende aktrise vir haar rol in Steve Jobs. Die talentvolle Lisa Eldridge het Kate se grimering gedoen vir die aand.

Kry so Kate se voorkoms met hierdie Lancôme-produkte:

Vel
’n Onderlaag wat hou – Lancôme Teint Idole Ultra 24hr (R499)
’n Verbloemer vir donker kringetjies is noodsaaklik – Lancôme Effacernes Longue Tenue (R599)
Gebruik ook ’n gesigpoeier – Lancôme Belle de Teint in Belle de Miel (04) (R599) om die grimering te set

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }


Die perfekte bruin oogskadu – Lancôme Hypnôse Star Eyes Palette in Brun Adoré (R715)
Trek ’n lyn om oë te definieer – Lancôme Artliner in Noir (R370)
Volg dan met – Lancôme Hypnôse Doll Eyes Mascara (R420)
Vir sterk wenkbroue – Lancôme Brow Pencil in Brun (R360)

Lippe
Lancôme Rouge in Love in 240M (R325)

Cate Blanchett

Foto: Instagram

Die beeldskone aktrise Cate Blanchett het stylvol gelyk in ’n ligte pienk en wit Givenchy-rok. Cate se hare is deur Robert Vetica vir ghd gedoen.

“Ons het probeer om Cate se hare glansend te laat lyk maar steeds modern” sê Robert.

Robert se wenke:

Ek het Cate se hare geblaas met die ghd Air Hairdryer (R1 599) terwyl ek haar hare deurgekam het met ’nghd Paddle Brush (R299). Ek het Cate se hare in 3 seksies verdeel en elke deel met die ghd Ceramic Vented Radial Brush Size 2 (R320) geblaas vir volume. Om daardie ongewenste kroes te vermy, het ek die nuwe ghd Platinum Styler (R2 899) gebruik, wat die hare boonop meer laat blink. Ek het ’n eenkantpaadjie gekam en ’n vlegsel aan die agterkant van Cate se kop gevleg, ons het een deel van haar hare nie by die vlegsel ingesluit nie. Toe die vlegsel klaar is het ek los stukkies hare met knippies vasgesteek. Gebruik ’n haarsproei om die voorkoms af te rond.

Kate Hudson

Foto: Instagram

Die vriendelike blondine Kate Hudson se Michael Kors-rok het haar soos ’n handskoen gepas. Kate se hare is deur David Babai (handelsmerk-ambassadeur vir ghd) stileer.

David sê “’n Paar ikoniese films uit die 70’s en 80’s het hierdie styl geïnspireer, dit gee Kate ’n vars voorkoms, wat perfek pas by haar boho-sjiek styl.”

Ek het eers Kate se hare droog geblaas met die ghd Air Hairdryer (R1 599) en ’n ghd Vented Radial Brush Size 3 (R335) vir ektra tekstuur en beweging. Ek het toe die ghd Platinum Styler (R2 899) gebruik met kurwes aan die kante vir perfekte sagte krulle. Trek vinnig jou vingers deur die krulle om die lokke los en meer natuurlik te laat lyk, sê David.

Olivia Wilde

Foto: Instagram

Olivia Wilde (Revlon se handelsmerk-ambassadeur), het smeulend gelyk in Michael Kors Collection.

Revlon vertel ons hoe ons Olivia se voorkoms met Revlon se produkte kan kry.

Vel
Vir ’n foutlose vel, gebruik Revlon ColorStay Foundation (R275)
Vir gesonde glans, wend die Revlon Powder Blush in Racy Roce (R209) aan die appels van jou wange.


Vir Olivia se sterk oog-grimering, gebruik die Revlon ColorStay 16 Hour Eye Shadow Quad in Decadent (R209), vee die boonste twee skakerings oor jou ooglid vir ’n goue ondertoon. Om die rokerige oog te kry, gebruik nou die onderste oogskadu oor die ooglid. Gebruik ’n grimeerkwassie om al die skakerings te “blend”. Gebruik nou die Revlon ColorStay Eyeliner in Charcoal (R169) en trek ’n streep aan die bo en onderkant van jou oe. Eindig met Revlon se Ultimate All In-One Mascara in Blackest Black (R159).

Lippe
Omdat daar reeds een fokuspunt op Olivia se gesig is (sterk rokerige oë), kies ons eerder ’n neutrale lip. GebruikRevlon Superlustrous Lipstick in Cappuccino (R145) en ’n lipglans bo-oor vir ’n ekstra bietjie glans – Revlon Lip Gloss in Super Natural (R145).

Eva Green

Foto: Steve Granitz / Getty Images

Een van die pragtige gesigte van L’Oréal Professionnel – Eva Green was genomineer vir die beste aktrise in ’n televisiereeks. Ons het veral van Eva se moderne lob (Lang Bob) gehou. Haarstilis aan die sterre, Adir Abergel, het natuurlik Eva se hare met L’Oréal Professionnel-produkte gestileer. Adir sê Eva se hare is deur Cindy Crawford se 90’s-haarstyl geïnspireer

Maak so om Eva se moderne lob te kry:

1. Wend eerstens L’Oréal Professionnel Dual Stylers Liss & Pump-up (R130) aan die wortels van jou hare vir ekstra bewegin en volume. Vir tekstuur wend L’Oréal Professionnel Tecni Art Crepage de Chignon (R310) aan van jou wortels tot punte van jou hare.
2. Gooi jou kop nou onderstebo en blaas droog, trek jou vingers deur vir ekstra volume. Gebruik dan ’n klein ronde borseltjie en blaas jou hare kant toe in ’n kantpaaidjie, maar los steeds genoeg volume op die wortels.
3. Gebruik nou ’n krultang en steek elke krulletjie vas bo-op jou kop totdat dit afkoel – hierdie sal verseker dat jou krulle langer hou. Haal dan die knippies uit en borsel saggies deur jou hare om daardie sagte golwende lokke te kry.
4. Wend laastens L’Oréal Professionnel Hollywood Waves Waves Fatales (R310) aan van jou wortels tot punte van jou hare. Set dan hierdie voorkoms met L’Oréal Professionnel Tecni Art Fix Design (R295)haarsproei om seker te maak jy lyk heel aand glansend!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Bernice West oor ouerskap: ‘Daar is nie woorde nie…’

Foto's: Instagram/Bernice West   Die Suid-Afrikaanse sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het…

4 hours Gelede

5 vinnige visresepte vir aandete

Aan die einde van ’n lang dag het mens nie lus vir ure voor die…

9 hours Gelede

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

3 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

3 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.