Die trane het gerol tydens Oprah se toespraak vir die Cecil B. Demille-toekenning. Oprah is die eerste swart vrou wat hierdie toekenning kry. Sy het die grootste gedeelte van haar toespraak opgedra aan Recy Taylor, ’n vrou wat in 1944 ’n slagoffer van genderbevoordeling was – haar ontvoerders en verkragters is nooit vervolg nie. Oprah het haar toespraak afgesluit deur alle meisies en vroue aan te spreek: “I want all the girls watching here, now, to know that a new day is on the horizon! And when that new day finally dawns, it will be because of a lot of magnificent women, many of whom are right here in this room tonight, and some pretty phenomenal men, fighting hard to make sure that they become the leaders who take us to the time when nobody ever has to say “Me too” again.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Toe Susan Kelechi Watson (van die TV-drama This Is Us) oor haar uitrusting uitgevra word, het sy met tong in die kies geantwoord dat haar ma oorspronklik op die broekpak besluit het. Sy glo dat geleenthede soos hierdie die beste platform is om jou boodskap so sterk moontlik oor te dra en omdat die broek steeds ’n sterk gender-assosiasie behels, het Susan (en haar ma) juis op hierdie snit besluit ter ere aan gendergelykheid.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Claire Foy het ook tydens haar onderhoud beklemtoon dat sy nie ’n rok vir die Golden Globes wou dra nie. “Met glansaande soos hierdie word daar dikwels meer klem op die bekendes se uitrustings gelê as oor wie die persoon is. Ek hou van rokke, maar ek wou wegbreek van die stereotipe en ook in solidariteit staan met die teenwoordige veldtogte.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Emma Watson is die afgelope paar jaar reeds bekend vir haar gendergelykheidveldtogte en sterk sosiale media-teenwoordigheid om kwessies soortgelyk aan die #MeeToo-veldtog aan te spreek. Sy het Marai Larasi, uitvoerende direkteur van Imkaan (’n Swartvrouebemagtigingsveldtog), as haar metgesel gebring. Volgens Marai lê die belang van bekendes se swart uitrustings nie soseer in die hierargie van Hollywood nie, maar eerder as ’n platform wat bekendes gebruik om veldtogte soos hierdie te versterk en die “klanklose muur” rondom kwessies af te breek.
Selfs ons eie Margaret Gardiner en Demi-Leigh Nel-Pieters het op die rooi tapyt verskyn! Margeret (Mej. Heelal 1978) het vir Demi (Mej. Heelal 2017) gekontak om as haar metgesel die geleentheid by te woon. Wat ’n skitterende wen-duo!
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.