kategorieë: Ons menseBekendes

GOEIE NUUS: ‘Reënboogrant’ kom ook na kykNET!

Die gewilde tienerboekreeks Reënboogrant maak hierdie week sy TV-debuut. Dit belowe om ’n opwindende reis vol tienerdrama, familiekonflik, liefde, aspirasies en spanning te wees. Die telenovela is gegrond op die gelyknamige boeke deur Louise van Niekerk en vertel die verhaal van die susters Shani en Sunette Brink en hul ouer broer, Dolf. Die reeks speel in die Tshwane-voorstad Reënboogrant af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In die rolverdeling is Minke Marais (Mooiweer en warm, Nuwejaar en Summertide) en Mila de Villiers (Wyfie) as Shani en Sunette, met Paul Strydom (Spooksoeker) as Dolf. Diepe waters se Righard van Jaarsveld en Johnny Potsanyane is ook in die rolverdeling, asook die voormalige Mej. Tiener Namibië-finalis Marelee Ferreira en die jong akteur Xander Venter, wat sy debuut maak. Juanita de Villiers en Johan Scholtz is te sien as die Brink-kinders se ouers. Skye Sutton is hulle kleinsus, Marietjie, en Karin Retief speel Ouma Mart.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Safta- en Silwerskerm-wenner Desiré Gardner (Magda Louw) is die hoofskrywer, met André Velts wat die regie-span lei. Sonvelt Media is die produksiehuis.

Reënboogrant word vir die stroomdiens Showmax vervaardig, maar daar sal van Vrydag 17 Januarie om 18:30 ook een episode per week op kykNET uitgesaai word.

In episode 1 maak ons kennis met Shani (Minke Marais) en die diverse gemeenskap van Reënboogrant. Sunette (Mila de Villiers) stel Shani teleur tydens haar American Guild of Acting-oudisie omdat Tina (Cara Kruger) se inmenging alles bederf. Intussen sukkel Dolf (Paul Strydom) om sy emosies in toom te hou wanneer Rachelle (Marelee Ferreira) ter sprake kom, en dit lei tot konflik met Japie (Dante Elliot) oor die rugbykapteinskap. Bongi (Johnny Potsanyane) is ontevrede met Meneer Bothma (Deon Coetzee) se streng reëls vir die Mei-dans.

KYK: Amptelike voorskou – Reënboogrant

Reënboogrant begin op 17 Januarie om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal daarna weekliks op Vrydae in dieselfde tydgleuf uitgesaai word.

Lees ook: ‘Die Byl’ se sesde seisoen is om die draai!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.