kategorieë: HareSkoonheid

8 Dinge wat jy móét weet voordat jy jou hare blond kleur

Deur Suzanne Kotzé. Foto: Theme Photos vir Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Shelene Shaer, mede-eienaar van Tanaz Hair in Johannesburg gee raad:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Wees geduldig

So baie mense besoek die salon en verwag dat hulle binne ’n dag blond gaan wees. Dit werk nie so nie. Dit is ’n lang proses en dit rig skade aan jou hare aan. As jy jou haarstilis aanjaag, is die kans goed dat jou hare geel of oranje gaan uitkom. Hoe stadiger die bleikmiddel aangewend word en hoe meer tyd jy dit gee om reg te ontwikkel, hoe beter is jou kanse om nie hierdie oranje ondertone te kry nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Tyd, moeite, sorg en geld; dit is wat jy benodig hiervoor.”

2. Beplan jou “blond-word” reis

Kommunikasie is belangrik. Bespreek hoeveel tyd, geld en moeite jy bereid is om te spandeer om blonde hare te kry met jou haarstilis. Wees ook duidelik oor hoe blond jy jou hare wil maak, want daar is baie verskillende skakerings. Beplan saam die verskillende stappe en jou besoeke aan die haarstilis.

Byvoorbeeld:

Besoek 1: Donkerbruin na rooibruin balayage

Besoek 2: Rooibrun balayage nou na goue balayage

Besoek 3: Goue balayage na ’n ligter skakering.

3. Donker wortels is gelukkig in die mode

Balayage (donkerder wortels wat geleidelik verander na ligter punte) of skadu-wortels (die meer subtiele weergawe van balayage) is gelukkig op die oomblik in die mode. Met hierdie tipe kleurstyl hoef jy nie so gereeld te kleur soos wanneer jou wortels ook lig moet wees nie.

4. Dit kos tyd en geld

Dit gaan nie net duurder kos omdat jy jou hare moet kleur nie, maar omdat die proses skade aan jou hare aanrig, gaan jy ook gereeld vir behandelings by jou salon moet gaan. Dit verg tyd en ekstra geld. Jy moet seker maak jy is bereid om die moeite te doen om jou hare op te pas.

5. Wees eerlik oor jou “kleur-geskiedenis”

Dit is belangrik dat jou haarstilis presies weet watter kleur en produkte jy die afgelope twee jaar op jou hare gebruik het. Dit kan beïnvloed hoe jou kleur gaan uitkom.  Wees eerlik hieroor, selfs al weet jy jou stilis gaan nie noodwendig daarvan hou om te hoor jy het “boks-kleur” gebruik of self jou hare probeer bleik twee jaar terug nie …

6. Dis baie belangrik om self tuis vir jou hare te sorg

Gebruik pers sjampoe om geel en oranje ondertone te neutraliseer. Gebruik ook sjampoe, opknapper en ’n masker wat jou hare (wat nou ekstra breekbaar is) sal voed.

Lees ook: Jy kan jou eie haarmasker maak

7. Vermy hitte-stilering

Hitte-stilering soos krultange en haarysters kan jou hare geler laat voorkom. Jou reeds beskadigde hare sal danksy die bleikmiddel ook meer breekbaar wees. Wag eerder tot die proses voltooi is, jou kleur reg is en jou hare weer in ’n goeie toestand is.

8. Die ondertoon van jou vel is belangrik

Probeer gerus die webtuiste Matrix. Hiermee kan jy virtueel jou haarkleur verander en sien watter tipe blond by jou vel se ondertoon pas.

Lees gerus: 5 haarstyle vir ’n moderne voorkoms

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.