Serves:Genoeg vir 6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
olyfolie
125 ml (½ k) springmielies
400 ml (1½ k + 1 e + 2 t) strooisuiker
125 ml (½ k) botter, in blokke gesny
Instructions
1 Bedek die boom van ’n groot kastrol met olyfolie en verhit oor matige hitte. Roer springmielies deur en sit die deksel op - hou die deksel op tot die mielies klaar gespring het. 2 Verlaag die temperatuur sodra die mielies begin spring. Haal van die hitte af as die mielies klaar gespring het. Sprei oor ’n bakplaat uit. 3 Smelt die strooisuiker in ’n groot pan oor matige hitte. Roer die botter stuk-stuk by tot karamelkleurig en effens verdik. Gooi oor die springmielies. 4 Rol in balletjies so groot soos gholfballe. Werk vinnig, maar pasop vir brand.