1 Verhit die oond tot 180 °C en voer ’n 25 cm x 6 cm-koekpan met bakpapier uit.Glutenvrye sjokoladekoek
Ingredients
Instructions
2 Room die botter en die suiker saam tot lig en romerig. Voeg die eiergele een vir een by.
3 Smelt die sjokolade en laat effens afkoel. Vou die sjokolade en gemaalde amandels by die eiermengsel in.
4 Sif die kakao, aartappelmeel en bakpoeier by die sjokolademengsel en vou in. Meng die lemoensap, -skil en likeur by.
5 Sit die eierwitte in ’n skoon glasbak. Voeg die sout en kremetart by en klits tot stywe punte vorm. Vou die geklitste eierwitte bietjie vir bietjie by die sjokolademengsel in.
6 Gooi die mengsel in die koekpan en bak vir sowat 35 min. tot ’n toetspen skoon uitkom.
7 Maak die kante los as die koek gaar is, maar laat in die koekpan afkoel.
8 Strooi versiersuiker of kakao voor opdiening oor.