1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n muffinpan met muffinhouers uit.Glutenvrye kolwyntjies
Ingredients
Instructions
2 Sif die meel en meng die botter, suiker en eiers deeglik by. Die beslag moet sag genoeg wees om stadig van ’n lepel te loop. Voeg 15-30 ml (1-2 e) lou water by indien nodig.
3 Skep die muffinhouers drie kwart vol. Maak met die agterkant van ’n lepel glad bo-op. Bak vir 25-30 min. tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat op ’n draadrak afkoel.
4 Versiersuiker: Meng die botter en suiker tot glad. Verdeel dit in twee dele. Kleur een helfte met ’n paar druppels rooi kleursel en die ander helfte met blou kleursel. Skep in ’n spuitbuis en versier elke kolwyntjie.