Bestanddele
- 125 ml (½ k) sagte botter
- 125 ml (½ k) suiker
- 110 ml (1/3 k + 2 e) sagte bruinsuiker
- 60 ml (¼ k) melk
- 325 ml (1¼ k + 1 e) basiese bruismeelmengsel, gesif
- knypie sout
- 15 ml (1 e) melk
- 100 g (1 blok) donkersjokolade, gekap
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
- Room die botter en suiker saam tot lig en romerig. Gooi 50 ml (3 e + 1 t) van die melk by en meng goed.
- Meng die bruismeel deur die bottermengsel. Voeg die res van die melk en die sjokolade by.
- Skep opgehoopte teelepels van die koekiedeeg op die bakplaat – bak liefs net 6 op ’n slag, want die deeg sprei baie uit in die bakslag.
- Bak vir 15 min. of tot die koekies ligbruin is.
- Laat set op die bakplaat vir 30 sek. en laat op ’n draadrak afkoel.