Raak jy bloedrooi van net ’n paar slukkies wyn?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Mense, so glo ons, wat na ’n drankie bloedrooi in die gesig raak kan nie hul drankie ‘vat’ nie. Dit is net halfpad waar.
Hierdie blos het te doen met jou vermoë om alkohol af te breek.
Dit werk so:
• Jou liggaam breek alkohol heeleerste na asetaldehied en dan verder na kleiner verbindings af.
• Blossers het nie die ensiem (of min daarvan) wat asetaldehied verder afbreek nie.
• Dit hoop dus op en veroorsaak ’n bloedrooi gesig en lyf.
Skynbaar breek baie blossers alkohol vinniger af as nie-blossers.
Dit het twee gevolge: hulle ervaar nie drankievrolikheid nie omdat alkohol gou afbreek en minder die brein bereik.
En die volgende dag het hulle behoorlik babelaas, want asetaldehied veroorsaak die tipiese hoofpyn, naarheid en siek gevoel. Dus raak min blossers alkoholiste.
Maar ’n woordjie:
Gesamentlike navorsing deur die NIH en Japan wat in 2009 op PLos Medicine verskyn het, wys blossers het ook ’n baie hoër en dosis-afhanklike risiko op esofageale (keel-)kanker, ’n risiko wat volgens die navorsers sowat 540 miljoen mense wêreldwyd raak.
5 redes vir warmgloede wat niks met die menopouse te doen het nie
Die menopouse is nie al rede vir ’n warm gloed nie. Hier is ’n paar ander:
• Neuro-endokriene tumors (NETs)
• Sekere medikasies
• Niasien
• Hartklepskade van veral die regterklep
• Alkohol
Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…
Genoeg vir 4 Bestanddele 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…
Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…
Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…
Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…
Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…
Hierdie webwerf gebruik koekies.