Wenke
• Goud is groot nuus en hier om te bly. Dit is veral gewild vir feestelike tafels, maar kan ook verder in jou dekor verskyn. Sommige mense voel dat goud te pretensieus en oordadig is. Dit hang alles af van hoe subtiel jy dit implementeer.
• Goud is tydloos, ryk, avontuurlustig en klassiek. Dit simboliseer rykdom, glans en weelde. Dit is deel van die glansmense en die koninklikes se tuistes en tafels.
• Met Kersfees om die draai het ons gaan loer na die mooiste goue elemente om jou tafel ’n koninklike flair te gee. Onthou net – selfs met ’n klassieke kleur soos goud is minder meer. Gebruik wit as basis en kleur dit in met goue elemente.
Verskaffers
Zara Home: 010 020 -2837
Superbalist: www.superbalist.com
@Home: 0860 576 576
Woolworths: 0860 022 002