kategorieë: Leef gesondGesondheid

Gladdejantjies (Smoothies): vriend of vyand?

Al wat leef en beef het deesdae ’n wondertoebehoor in hul kombuis om “smoothies” mee te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is geen geheim dat vars vrugte en groente propvol noodsaaklike nutriënte is nie. Tog is vrugte hoog in vrugtesuikers en waar jy versadig sou voel na twee lemoene, kan ’n vrugtedrankie maklik vier lemoene insluit. Boonop word die vesel ook fyngekap en is dit dan minder effektief. Waar mense ’n masjien gebruik wat sap onttrek (juicer), word baie van die heilsaamheid met die pulp weggegooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is glad nie vreemd om vier porsies vrugte in een gladdejantjie te gebruik nie. Neem jy in ag dat dit as ’n drankie geniet word eerder as ’n maaltyd, kan jy ongemerk hope energie inneem onder die dekmantel van pure gesondheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Resepte sluit maklik ’n handvol neute en dubbelroomjogurt in, wat gelaai is met heilsaamheid, maar ook kilojoules.

Gladdejantjies met groente is veel beter omdat dit minder suiker bevat. Groentesoorte soos wortels en beet bevat heelwat suiker, maak dus seker dat jy minder daarvan gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Gladdejantjie met 3 kiwivrugte, 1 mango, 500 ml pynappelsap en een piesang (genoeg vir twee mense) bevat 2 455 kJ. Dus: 1 227 kJ per persoon. Boonop is dit baie hoog in suiker.

Een medium lemoen bevat byvoorbeeld 258 kJ. Gebruik jy dus twee lemoene in ’n gladdejantjie het jy reeds meer kJ as een 330 ml Coke (583 kJ). Dit is wel so dat vrugte veel gesonder as gaskoeldrank is, maar as jy jou suiker- en energie-inname dophou, is dit belangrik dat jy die sommetjies voor die tyd maak.

Wat kan jy doen om suiker en energie te verminder?

Vervang die pynappelsap met een koppie laevet-jogurt en een koppie ys. So voeg jy ook proteïene by. Kom in die gewoonte om groente by te voeg.

Watter vrugte en groente is laag in kJ?

  • Appelkose: 210 kJ per 100 g
  • Pomelo: 176 kJ  per 100 g
  • Kersies 241 kJ per 100 g
  • Perskes: 163 kJ per 100 g
  • Aarbeie: 210 kJ per 100 g
  • Naartjies: 169 kJ per klein vrug
  • Broccoli: 130 kJ per koppie
  • Blaarslaai: 26 kJ per koppie
  • Blomkool: 113 kJ per koppie
  • Seldery: 67 kJ per koppie
  • Komkommer: 50 kJ per 100 g
  • Aspersies: 113 kJ per koppie

Lees ook: Kosblik-idees week 4

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.