Vars gis word gekrummel, in water opgelos en vir ’n rukkie laat staan tot dit skuim. Kitsgis word direk in die droë bestanddele (meel en sout) ingemeng.
25 g vars gis = 10 g kitsgis - indien jy dit moet vervang. Jy kan vars gis by supermarkte se bakkery-afdelings kry. Vars gis het ’n raklewe van 2-3 weke en moet in die yskas gehou word. Dit kan ook suksesvol gevries word. As jy nie ’n elektroniese skaal het nie, kan jy die bakkery vra om vir jou bolletjies van 25 g af te weeg. Vries individueel en gebruik soos benodig