kategorieë: Ontspanning

Gewilde wynfees weer gehou

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit was die afsluiting van Wine Town Stellenbosch, ’n jaarlikse geleentheid wat die wyne, kultuur en gastronomie van die Stellenbosch-streek bevorder. Dit poog om Stellenbosch as ’n uitstekende wynbestemming uit te lig deur ervarings te bied, wat sy ryk geskiedenis, lewendige kultuur en ongeëwenaarde wynkeuse dek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wine Town Stellenbosch, wat in 2021 vir die eerste maal gehou is, bied ’n diverse reeks geleenthede en ervarings, met iets vir almal. Hieronder is lewendige musiek-optredes, plaaswandelings, geïnspireerde maaltye en begeleide proeë – van formele tot informele geleenthede – alles met top-wyne as die sterre.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mens kan nie anders as om vrolik te wees as jy by die Capo Classique Association se stalletjie met yskoue borrels kan kuier nie. Van links is Alastair Rimmer, wynmaker by De Morgenzon, Caroline van Schalkwyk en Louise Joubert van Kleine Zalze wyne.

Meer as 55 vooraanstaande Stellenbosch-produsente het meer as 200 wyne by die fees geskink. Sjefs Bertus Basson en Adele Grewar het gesorg dat besoekers se mae gevul bly.

Gaste het nie net lekker by die stalletjies gekuier of op die verhoog op die lekker fluweelbanke ontspan nie, hulle kon luister na die lewendige optredes deur Carol Thorns (Tjello in ’n borrel) en Dorette Roos (elektriese tjello), wat aangevul is deur die lewendige ritme van DJ Anker.

Die stadsaal is mooi getooi met hierdie oulike ligte.
Gaste het nie net lekker by die stalletjies gekuier of op die verhoog op die lekker fluweelbanke ontspan nie, hulle kon luister na die lewendige optredes deur Carol Thorns (Tjello in ’n borrel).

Wine Town het ook die bekendstelling van die maandlange #Stellenbucks Restaurant -beloningsprogram ingesluit. Die Stellenbucks Restaurant -beloningsprogram nooi besoekers uit om by enige deelnemende restaurant te eet, ’n minimum van R300 deur SnapScan te spandeer en Stellenbucks ter waarde van 30% van die rekening te sny.

Die maksimum koopbewyswaarde per transaksie is R250. Die koopbewys (ook bekend as Stellenrande) kan binne die veldtogtydperk via SnapScan Wallet by enige deelnemende restaurant in die dorp of by wynkelders gebruik word.

Die landskapkunstenaar, Strijdom van der Merwe, se treffende werk van Nelson Mandela voor die stadsaal.
Die handige gids met al die wynplase wat deelgeneem het, is by die deur uitgedeel.

Jeanneret Momberg, HUB van Visit Stellenbosch, is opgewonde oor die bekendstelling van die veldtog en sê: “Die Stellenbucks Restaurant Rewards-program vier die kulinêre rykdom van Stellenbosch en nooi ons besoekers uit om die dorp se uiteenlopende gastronomiese aanbiedinge te geniet – van fynproewer restaurante en gemaklike eetplekke, tot wynkroeë.”

“Stellenrande is nie net ’n ete op ons nie; dit is ’n lonende ervaring waarmee jy geld kan verdien terwyl jy heerlike disse by van die beste eetplekke in die dorp geniet, terwyl jy die restaurant-ekonomie voed.”

Bellevue het van sy bekroonde wyne te proe aangebied.
Ntsiki Biyela van Aslina Wyne was een van die wyn-etikette wat vanjaar vir die eerste maal aan die wynfees deelgeneem het.

Elmarie Rabe, Bestuurder van Stellenbosch Wynroetes, sê: “Ons streef voortdurend daarna om die eet-ervarings in Stellenbosch te verhoog. Die Stellenbucks-beloningsprogram vier kulinêre verkenning deur maaltye in belonings te omskep. Jou deelname is ons bederf, en jou ondersteuning onderhou hulle. Daar is meer a 35 restaurant,bistros en wynkroeë deel van die program.”

Die geleentheid is gebou op die deelname van wynkelders, wat gewissel het van erkende staatmakers tot opwindende nuwe deelnemers.

Narina Cloete is sedert 2016 die wynmaker by Blaauwklippen. Sy het aan gaste by die fees ’n voorsmakie gegee van die plaas se eerste Chardonnay in 30 jaar, wat binnekort vrygestel gaan word. By haar staan Lauren Clark van die plaas se proelokaal.more
Tinie Momberg van Middelvlei Wyne het van die plase se bekroonde wyne aan gaste geskink en meer oor die oesjare vertel.

• Aanstaande jaar se Town Stellenbosch 2024 word van 30 Julie tot 4 Augustus 2024 gehou en sluit die Stellenbosch Wynfees op 2 en 3 Augustus in.

Lees ook: Een van SA se geliefde wyne word 50

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

9 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

9 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

10 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

10 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

12 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.