Die sepie se kontrak word nie hernu nie en kykers sal net tot 31 Maart 2016 die sepie kan sien.
’n Nuwe sepie sal op 1 April 2016 in die plek daarvan begin.
Die laaste episodes van Villa Rosa sal tot einde Julie 2015 verfilm word. Die sepie (kykNET se heel eerste Afrikaanse weergawe), het in Oktober 2004 begin en in November 2014 het die akteurs hul 2 000ste episode gevier.
In nog kykNET-nuus is daar vroeër die week onthul dat die ontbytprogram, Dagbreek, ook tot ’n einde kom, ná slegs 2 jaar op die kassie.