kategorieë: DieetGesondheid

Gewigsdinge: Leser vertel

Het jy al gewigsvooroordeel ervaar?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Alette, 38, onderwyseres vertel haar storie:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Die gim bel en bied my drie weke se gratis lidmaatskap mét ’n sessie by ’n persoonlike afrigter aan. Lekker! Ek maak dadelik ’n afspraak. So stap ek ’n paar uur later die gim binne in my oorgroot sweetpak en ’n glimlag vol afwagting. Ek is dalk nie maer nie, maar ek kan fikser word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek ontmoet my afrigter. ’n Vleispaleis met ’n steroïedhanddruk. En wat doen hy volgende? Druk ’n vinger in my (redelik sagte) maag en sê: “Nee wat, wie begeer nou sulke drillerigheid!”

My ego tref die blink gimvloer dat die bloedsweet spat. Onfiks, ja. Maar vet én onaantreklik? Nog voor ’n tree op die naaste trapfiets is ek verwoes. Ek het geweet ek is middelmatig fiks, maar ek dag ek is ook net middelmatig oorgewig en oukei op die oog? Ek is darem al 38 – tannie-ouderdom vir die meeste tieners en studente.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Eers is ek gedweë en probeer ek my opperste bes om alle reg te doen – trek die maag in; hou jou rug reguit; sak die skouers …

Maar tuis, toe ek my asem terugkry en die sweetdruppels opdroog, kom sit ’n yskoue woede in my kop.

Die vermetele vent. Ek is ’n suksesvolle graadhoof; my man is gek na my; so hier en daar flirt iemand darem nog met my. So vet en onaantreklik is ek nié.

Maar ek besef kort voor lank: die vetvooroordeel het my – én die gimafrigter – gepootjie. Ons word oorweldig deur ’n dieetindustrie van miljarde rande wat vetvooroordeel om elke hoek en draai versterk.

Ek weet hoeveel dit by die skool tel. Hier en daar is daar ’n sjarmante oorgewig meisie. Maar die meeste word deur die seuns letterlik geweeg en te swaar bevind. Ek sê hoeveel keer in die algemeen in die klas, ‘meisies, julle is mooi soos julle is’ maar ek weet hulle hoor dit nie. Almal dink, ‘as ek tog net 48 kilo’s kan weeg.’

Destyds was 120 pond die droomgewig. Dit is 55 kilos. In die negentigs was 50-53 kilo’s reg. Nou hoor ek die meisies wil 48 kilo’s weeg.

Jy moet jouself byna elke dag herinner daaraan dat dit oor leefstyl gaan; dat fiksheid belangriker is as die skaal.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Makadamiaskywe

Genoeg vir 24   Bestanddele   200 g (1 1/3 k) meel 40 g (¼…

50 mins Gelede

Van skoolboeke tot draaiboeke: Arnold Swart se reis in ‘Nêrens, Noord-Kaap’

Hy was nog ’n pikkie toe Arnold Swart die rol van klein Lourens in Nêrens,…

4 hours Gelede

TSL Socks – trek hierdie somer jou sokkies op!

    Voëls Ons kouse met ’n voëltema het van ryk kleure en teksture tot…

22 hours Gelede

Nog ‘n Pretorius-pienkvoet op pad vir Simoné +5 ander bekendes wat 2025-babas verwag!

Simoné Pretorius is weer swanger, en in die wolke daaroor!   Die 34-jarige aktrise het…

23 hours Gelede

Maklike toevousampioenpasteitjies

Genoeg vir 4.    Bestanddele   10 ml (2 t) elk olie en botter 1…

1 day Gelede

Nege ‘Suidooster’-sterre praat oor nege jaar se drama

Vandag is dit steeds een van die gewildste plaaslike produksies wat kykers saam laat swets,…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.