kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Geweld teen vroue: wat om te doen

Geweld teen vroue: wat om te doen deur Mariette Snyman. Hooffoto: baona/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Elke enkele geval  van geweld teen vroue is “een te veel”. Omdat geweld sulke verreikende gevolge het – van die daaglikse vrees vir jou lewe tot langtermyntrauma – is dit ons gesamentlike verantwoordelikheid om te doen wat ons kan om dit te verander. Te veel vroue ly in stilte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Jy kan herstel van trauma

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Skokkende statistiek

Suid-Afrika het een van die hoogste syfers van geweld teen vroue. Drie vroue word daagliks deur ’n lewensmaat vermoor, en volgens die Department van Justisie beleef een uit elke vier Suid-Afrikaanse vroue huishoudelike geweld. Mishandeling  teen vroue vind meestal agter geslote deure plaas.

Wat behels geweld teen vroue?

Volgens www.firstforwomen.co.za is daar die volgende drie vlakke:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Huishoudelike geweld, seksuele  teistering, verkragting, verbale geweld, emosionele mishandeling, seksuele geweld tydens konflik, skadelike tradisionele of ander gebruike soos die verminking van vroulike genitalieë, gedwonge huwelike en eermisdade

Lees ook: Mede-afhanklikheid: Vernietig jou liefde jou?

2 Vrouehandel, gedwonge prostitusie en die skending van menseregte tydens gewapende konflik (spesifiek moord, berekende verkragting, seksuele slawerny en gedwonge swangerskap)

Lees ook: Afspraakverkragting

3 Gedwonge sterilisasie, gedwonge aborsie, die gedwonge gebruik van voorbehoeding, berekende moord op babadogtertjies, en prenatale geslagseleksie.

Lees ook: Ouerskap: Ken jou regte

Hoekom vroue geweldsmisdade nie rapporteer nie

Buitestaanders sê maklik: “Hoekom bly jy in ’n verhouding wat geweld insluit?” of “Hoekom meld jy dit nie aan nie?”

Lees ook: Geweld teen vroue: Kan ’n robot help?

Die antwoord is nooit eenvoudig nie. Soms is die vrou (dalk ook haar kinders of ander familielede) deurgaans in lewensgevaar. Soms het sy geen ander heenkome nie. Soms is sy emosioneel, geestelik en fisiek so afgetakel dat sy letterlik nie weet wat om te doen nie. Soms weet sy nie waar om hulp te kry nie.

Voorbeelde van antwoorde wat vroue verskaf

  • My familie sal dit self uitsorteer
  • Die polisie sal buitendien niks doen nie
  • Ek het dit reeds self opgelos
  • Dis nie ernstig genoeg nie

Lees ook: Pasop vir kuber-prinse

triocean/istock images

Kry hulp!

Neem hierdie vier stappe as jy hulp nodig het:

1 Vertel iemand van jou probleem. Doen aansoek om ’n beskermingsbevel. Lê ’n kriminele klag.

2 Skakel 0800 428 428 (0800 GBV GBV). Jy kan ook versoek dat ’n maatskaplike werker van die GBV Command Centre jou kontak deur gratis *120*7867# vanaf enige selfoon te skakel.

Verder kan jy jou naam en kontaknommer op www.firstforwomen.co.za/foundation/woman-abuse/ invul en wag dat jy teruggeskakel word.

3 Verlaat die huis sodra dit veilig is. Maak seker jy neem noodsaaklike dokumente saam soos jou ID-dokument, mediese fondskaart, en jou bankkaarte. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan jou help om mediese hulp, skuiling en berading te kry.

4 Waak daarteen om die geweld te rasionaliseer

Geweld is NOOIT in orde nie. Elke mens het die reg op respek en waardigheid. Elke mens het waarde. Elke mens verdien om veilig te voel.

Hier is nog hulpbronne:

  • The Centre for Community Justice and Development (CCJD): 033 346 2909
  • Lifeline: 0800 150 150 (tolvry)

Lees ook: 7 maniere hoe jy ’n beter vriendin kan wees

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

1 hour Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

1 hour Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

1 hour Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

2 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

2 hours Gelede

Heerlike winterpastagebak

Hierdie heerlike pastagebak is genoeg vir 6 porsies.

2 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.