kategorieë: GebakKos

Geweefde vanielje-en-vye-tertjies

Genoeg vir 6.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy hoef nie die filo te weef nie, jy kan net velle in blokkies sny, met botter smeer en bak soos verduidelik. Jy kan ook jou eie balsemiekstroop maak deur balsemiekasyn af te kook.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 8 velle filodeeg as jy dit weef, 4 as jy net blokkies sny
  • 60 g botter, gesmelt
  • 250 g (12) gedroogde vye, middeldeur gesny
  • 500 ml (2 k) warm, sterk filterkoffie of kitskoffie
  • 1 x 200 g-houertjie mascarponekaas
  • saadjies van 1 vanieljepeul
  • Black Gold-balsemiekstroop (verkrygbaar by uitgesoekte Spar-winkels)

Metode

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

  1. Verf ’n vel filodeeg deeglik met botter, sit nog een bo-op en verf ook met botter. Sny die dubbellaag in vier dele en sny van die
    geskeurde stukkies af.
  2. Sny elke blokkie in 5 ewe groot repe, ±2 cm breed. Vleg die repies deeg om ’n geweefde voorkoms te kry. Maak seker die deegrepe raak aan mekaar, anders sal dit uitmekaarval. Jy het 12 deeglagies nodig.
  3. Sit op die bakplaat en bak vir 5-7 min. tot goudbruin (hou goed dop, dit brand maklik).
  4. Gooi intussen die warm koffie oor die vye en laat vir minstens 30 min. staan.
  5. Meng die mascarponekaas en vanieljesaadjies.
  6. Begin elke stapeltjie met ’n geweefde filovel, gevolg deur ’n groot skep mascarponekaas. Haal die vye uit die koffie en sit op die mascarponekaas. Eindig met ’n lagie filo. Giet Black Gold-balsemiekstroop oor.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

MSI Vakansieverkope: Maak die Perfekte Geskenk Oop Hierdie Seisoen!

MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…

1 day Gelede

Maak vanjaar jou beste jaar

Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…

2 days Gelede

Skoonheidsprodukte: foute wat almal maak

Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…

2 days Gelede

Maklike gemmerbier – sonder gis

Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.

2 days Gelede

Ken jou vonkelwyn

Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…

2 days Gelede

5 maniere om jou dag reg te begin

Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.