Sny met ’n skeerlemmetjie kepe in die boonste vetlaag vir ’n lekker krakerige bolaag.
2 kg ontbeende varklende
30 ml (2 e) olie
30 ml (2 e) growwe sout (ons hou van maldon)
Vulsel
30 ml (2 e) olie
30 ml (2 e) botter
2 uie, oorlangs gekap
2 knoffelhuises, geskil en fyn gekap
3 pere (ons het forel-pere gebruik), in skyfies gesny
60 ml (¼ k) sagte bruinsuiker
’n hand vol vars salieblare, in kleiner stukkies geskeur
gerasperde skil en uitgedrukte sap van 1 lemoen
250 ml (1 k) broodkrummels
Gebakte pere
4 pere, in die lengte middeldeur gesny en klokhuise uitgehaal
50 g (’n halwe pakkie) geroosterde okkerneute
50 g botter
’n hand vol salieblare
125 g sagte bloukaas soos gorgonzola
16 dun stroke repiesspek
Instructions
1. Voorverhit die oond tot 220 °C. 2. Sit die vleis met die vet kant na onder op ’n kapplank. Vlek die lende oop deur die deel wat ’n effense verdikking vorm met ’n skerp mes oop te sny. Draai die vleis om sodat die vel na bo wys. 3. Sny met ’n baie skerp mes of lemmetjie vlak kepe in die vel - sowat 1,5 cm uitmekaar. Geur die vleis met sout.
Vulsel 1. verhit die olie en botter in ’n groot pan oor matige hitte. Soteer die uie vir 5 min. daarin tot sag. Voeg die knoffel, pere en suiker by en braai vir nog 15-20 min. Tot dit begin karamelliseer en goudbruin is. 2. Trek van die hitte af en voeg die salieblare, lemoensap en -skil en broodkrummels by en meng deeglik, laat effens afkoel. 3. Sit die varklende weer op sy vet kant op ’n groot bord neer. Skep die vulsel in die middel van die varklende, rol op en bind stewig met kombuistou vas. 4 Vryf die vel met growwe sout en nog ’n bietjie olie in, sit in ’n dieperige oondpan en bak vir 30 min.
Pere 1. Meng die okkerneute, botter en salie saam in ’n voedselverwerker tot net gemeng. Sit ’n balletjie van dié botter in elke peerholte en krummel van die bloukaas bo-oor. 2. draai elke peerhelfte in 2 repies spek toe. Jy hoef nie die hele peer te bedek nie, net die holte met die botter en bloukaas. 3. Verlaag die oondtemperatuur tot 200 °C. Sit die pere saam met die vark in die oondpan en Rooster vir nog 40-50 min. 4 Haal uit, sny die vark in dun skywe en sit met die gebakte pere en romerige kapokaartappels voor.