Bestanddele
- 3-4 groot rooi soetrissies, middeldeur gesny, en wit vliesies en pitte verwyder.
- sout en gemaalde swartpeper
- 2 wiggies fetakaas gekrummel
- 50 g (½ pakkie) dennepitte, liggies gerooster (opsioneel)
- 30 g (1 pak) roketblare
- 100 g (1 pakkie) gedroogde swart olywe
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 30 ml (2 e) balsemiekasyn
Metode
- Rooster die soetrissies oor die kole tot sag. Geur na smaak.
- Vul die soetrissies met die fetakaas, dennepitte, roketblare en olywe en sprinkel olyfolie en balsemiekasyn bo-oor.