’n paar takkies tiemie, gebruik slegs die blaartjies
2 ansjovisfilette, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
gerasperde skil en uitgedrukte sap van 1 suurlemoen
1 k vars broodkrummels (±4 snye)
¼ k (60 ml) olyfolie
1 lamsboud van meer as 2 kg
sout en swartpeper
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Instructions
Meng die kruie, ansjovis, knoffel, suurlemoenskil en -sap en broodkrummels. Voeg die olyfolie by en meng deur tot die broodkrummels begin saampak. As jy ’n klein handmenger het, kan jy alles sommer daarin maal.
Sit die lamsboud met die vleiskant na bo voor jou op ’n kapplank neer. Maak diep snye tot amper teen die been - sowat ’n vingerbreedte uitmekaar - in die lengte van die lamsboud. Geur met sout en peper en druk die broodkrummelmengsel in die kepe in. Sprinkel ekstra olyfolie oor. Bind die boud stewig vas met kombuistou.
Sit in ’n oondpan en rooster vir sowat 1-1½ uur tot goudbruin en gaar - afhangend van hoe gaar jy van jou vleis hou. Sit voor met geroosterde aartappels en groente van jou keuse