Gevulde lamsboud met beet-en-bokmelkkaas-koringslaai deur Vickie de Beer. Bygestaan deur Julia van Maarseveen. Foto’s deur Lindy Kriek
Gevulde lamsboud met beet-en-bokmelkkaas-koringslaai
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 1 groot lamsboud (sowat 2,5 kg), ontbeen maar die onderste skenkelbeen aangelos
- 30 ml Dijonmosterd
- 10 ml sout
- 30 ml olyfolie
- 1 ui, geskil en fyngekap
- 2 knoffelhuisies, geskil en fyngekap
- 150 g droë Turkse vye geweek in 60 ml (¼ k) brandewyn
- 4-5 tiemietakkies, die blare van die takkies gestroop, plus ekstra takkies vir die bakslag
- 100 g pistasieneute, liggies gerooster
- 2 uie, geskil en in dik skywe gesny
- 45 ml (3 e) olyfolie
- Koringslaai
- 1 bossie klein rooi bete, geskrop, gaargemaak en in kwarte gesny
- 1 bossie klein geel bete, geskrop, gaargemaak en in kwarte gesny
- 500 ml (2 k) koring, gaargemaak volgens die aanwysings op die pakkie
- 1 rooi-ui, geskil en fyngekap
- 3 selderystokkies, fyngesny
- ’n hand vol Italiaanse pietersielie en dille, fyngekap
- 1 x 100 g-rolletjie bokmelkkaas, in skywe gesny
- 100 g pekaneute, liggies gerooster
- 30 ml olyfolie en 30 ml balsemiekasyn, gemeng
Instructions
- Voorverhit die oond tot 200 ˚C.
- Vlek die lamsboud oop en smeer die mosterd aan die binnekant van die vleis. Geur met sout en hou eenkant tot benodig.
- Verhit die olyfolie in ’n middelslagpan en braai die ui daarin tot sag. Voeg die geweekte vye en tiemie by en braai tot sag en gekaramelliseer. Voeg die neute by en roer deur. Laat die vulsel heeltemal afkoel.
- Vul die ontbeende, oopgevlekte deel van die boud met die vye-en-neut-mengsel. Vou die vleis toe en bind met kombuistou vas.
- Pak die uieskywe in ’n groot oondpan en sit die ekstra tiemietakkies by. Geur die buitekant van die boud met sout en sit in die oondpan. Sprinkel olyfolie oor.
- Maak intussen die koringslaai
- Meng al die bestanddele en sit op ’n mooi opdienbord. Sprinkel die olyfolie en asyn oor.
- Rooster die vleis vir 1 uur 10 min. tot goudkleurig buite en nog pienk binne.
- Haal die vleis uit die oond en laat rus vir 10 min. onder ’n vel foelie wat los oorgegooi is. Sny die lamsvleis in dun skywe en sit met die koringslaai voor.
Catherine Schenck
Lees Meer
Eiers gevul met aspersiepunte en bloukaas
17/04/2025
Suurlemoen-en-klapper-skywe
17/04/2025
Papawersaad-en-suurlemoen-koek
16/04/2025