Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
8 ferm, ryp tamaties
½ groen soetrissie, ontpit en ruweg gekap
4 knoffelhuisies, fyn gekap
`n knypie droë brandrissievlokkies
hand vol vars Italiaanse pietersielie
5 ml (1 t) paprika
5 ml (1 t) saffraan, geweek in 1 e warm water
30 ml (2 e) olyfolie + ekstra vir bo-oor
75 g arborio-rys (risotto-rys)
250 ml (1 k) warm hoenderaftreksel
Sout en gemaalde swartpeper
Instructions
1. Sny die bokant van die tamaties af en hou die doppie. Skep die pitte en vlees versigtig met ’n teelepel uit en hou eenkant. 2. Pak die tamaties styf teenmekaar in ’n oondvaste pannetjie. 3. Braai die soetrissie, knoffel, brandrissie, pietersielie, paprika en saffraan met water in olyfolie tot sag en goudkleurig. Voeg die rys by en braai vir nog ’n minuut. Voeg die tamatievlees en -pitte by. Gooi die aftreksel ’n bietjie vir bietjie by tot alles geabsorbeer is. Roer heeltyd. 4. Verhit die oond tot 180 °C. 5. Skep die rys-en-tamatie-mengsel versigtig in elke tamatieholte. Skep net genoeg in sodat die tamatiedoppies gemaklik bo-op pas. 6. Bak vir sowat 25 min. tot deurwarm, draai die hitte af indien die tamaties te donker bak.