1. Sny die bokant van die tamaties af en hou die doppie. Skep die pitte en vlees versigtig met ’n teelepel uit en hou eenkant.Gevulde en gebakte tamaties
Ingredients
Instructions
2. Pak die tamaties styf teenmekaar in ’n oondvaste pannetjie.
3. Braai die soetrissie, knoffel, brandrissie, pietersielie, paprika en saffraan met water in olyfolie tot sag en goudkleurig. Voeg die rys by en braai vir nog ’n minuut. Voeg die tamatievlees en -pitte by. Gooi die aftreksel ’n bietjie vir bietjie by tot alles geabsorbeer is. Roer heeltyd.
4. Verhit die oond tot 180 °C.
5. Skep die rys-en-tamatie-mengsel versigtig in elke tamatieholte. Skep net genoeg in sodat die tamatiedoppies gemaklik bo-op pas.
6. Bak vir sowat 25 min. tot deurwarm, draai die hitte af indien die tamaties te donker bak.